Nuus 09:00
BULLETIN 24 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Parlement verwelkom die hersiene Witskrif as die grondslag vir munisipale hervorming
# Koeberg Eenheid Een is terug op die nasionale netwerk
# En sokker: Kaizer Chiefs is uit die Konfederasiebeker ná ‘n nederlaag teen Zambië
# Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake verwelkom die bekendstelling van die Hersiene Witskrif oor Plaaslike Regering en beskryf dit as ‘n geleentheid om strukturele swakhede in munisipaliteite aan te spreek. Die beleidsraamwerk beoog om verantwoordbare en finansieel volhoubare munisipaliteite te bou wat betroubare dienste kan lewer en op gemeenskapsbehoeftes kan reageer. Die voorsitter van die komitee, Zweli Mkhize, het beklemtoon die doeltreffende implementering van die hersiene beleidsraamwerk sal duideliker aanspreeklikheid oor al drie regeringsfere vereis.
# Lawyers for Human Rights sê Suid-Afrika se stelsel van eiendomsaktes en die hoë koste van eiendomsoordragte dra by tot eiendomsgeskille. Dit volg na ‘n uitspraak deur die Pretoriase Hooggeregshof ten gunste van Henrietta Phakathi, ‘n ouma wat meer as tien jaar lank gesukkel het om die eiendoms-akte vir haar huis in Sebokeng te bekom. Phakathi het die huis in 2004 by haar swaer, Dumisane Mgcina, gekoop en in 2011 met haar loon as huishulp afbetaal. David Dickinson van Lawyers for Human Rights sê haar saak beklemtoon die uitdagings vir mense wat probeer om wettige eienaarskap van eiendom te verkry:
# Die Forum for South Africa het die hersiene witskrif oor plaaslike regering verwerp en waarsku die voorgestelde hervormings kan munisipale outonomie ondermyn en plaaslike demokrasie verswak. Tebogo Mashilompane van die forum sê planne om verpligte lisensiëring vir water- en elektrisiteitsdienste in te stel, kan munisipaliteite se vermoë beperk om hierdie dienste te bestuur en verkiesingsbeloftes na te kom. Mashilompane dring aan op sinvolle openbare deelname voordat enige veranderinge geïmplementeer word:
# Eskom sê Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragsentrale is weer suksesvol aan die nasionale kragnetwerk gekoppel ná herstelwerk. Die nutsmaatskappy se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die eenheid is bestendig, en kragopwekking word geleidelik tot volle kapasiteit verhoog. Sy sê Eenheid 1 het verlede Vrydag afgeskakel nadat ‘n elektriese steuring tydens instandhoudingstoetse aan Eenheid 2, die beskermingstelsels vir Eenheid 1 geaktiveer het:
# Rand Merchant Bank, die korporatiewe en beleggingsbankafdeling van FirstRand, het ‘n adviesonderneming in Beijing geopen om Chinese maatskappye en beleggers te verbind met handels- en beleggingsgeleenthede regoor Afrika. Die uitvoerende hoof van FirstRand, Mary Vilakazi, sê China voorsien kapitaal, tegnologie, vervaardigingsvermoë en die vermoë om op skaal en vinnig te bou. Afrika het ‘n jong bevolking, beduidende infrastruktuurbehoeftes en aansienlike geleenthede. Sy sê RMB sal Chinese maatskappye help om Afrika se regulatoriese raamwerke, valuta- en likiditeitsrisiko’s, oorgrens-betalings en plaaslike bedryfsvereistes te verwerk.
# En ten slotte sokker: Kaizer Chiefs is uit die CAF-konfederasiebeker nadat hulle in Durban 3-2 met strafskoppe teen Zambië se Red Arrows verloor het. Chiefs het Vrydag die tweede wedstryd van die kragmeting met 1-0 op die Moses Mabhida-stadion gewen, danksy ‘n doel deur Bradley Cross in die tweede helfte, wat die gesamentlike telling op een-elk gelyk gemaak het. Amakhosi het egter verskeie uitstekende kanse verspeel voordat die wedstryd met strafskoppe beslis moes word. Lebohang Maboe, Reeve Frosler en Ethan Chislett se mislukte strafskoppe het Chiefs duur te staan gekom en hulle hoop om die groepfase te haal, verydel het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….