Nuus 11:00
BULLETIN 23 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Godongwana ontken die brandstofprysverligting is om kiesers paai voor die verkiesing
# Sestien mense sterf in ‘n hewige aardbewing in Tibet
# En rugby: Vyf Springbokke is terug in die Haaie se groep vir vanaand se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met Cardiff
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, ontken opposisiepartye se bewering dat die tydelike brandstofheffing-verligting wat hy in die Mini-begroting aangekondig het, blote politiekery is. Die heffing word van 4 November tot 1 Desember met drie-rand per liter vir diesel en een-rand-50-sent vir petrol verlaag en beteken verligting van tien-miljard-rand. Godongwana sê dis toevallig dat die brandstofverligting oor twee weke op stemdag in werking tree:
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering verwelkom die hersiene witskrif oor Plaaslike Regering as ‘n mylpaal om die land se munisipale stelsel te hervorm en openbare vertroue te herstel. Dit lê die grondslag vir verreikende wetgewende en finansiële hervorming van die hele plaaslike regeringstelsel. SALGA se adjunkpresident, Xola Pakati, sê dis bemoedigend dat die witskrif talle hervormings weerspieël waarvoor die organisasie hom lankal beywer, insluitend ʼn onderskeidende en doelgerigte plaaslike regeringstelsel:
# Die Stad Tshwane het alternatiewe watervoorsiening vir die Pretoriase middestad en omliggende gebiede in werking gestel. Dit volg nadat watergehalte-toetse mikrobiologiese besoedeling in water uit die Findlay-reservoir opgespoor het. Dis opgemerk nadat ‘n rioolpyp gebars en tot verhoogde mikrobiese voorkoms in die bestaande chloorvlakke gelei het. Woordvoerder Lindela Mashigo sê die gebiede ontvang nou alternatiewe toevoer uit die Salvokop-reservoir:
Nuus uit die buiteland:
# Minstens 16 mense is dood en 65 beseer nadat ‘n aardbewing van 7,0 die Nagqu-streek in die Chinees-beheerde Tibet getref het. Volgens die Chinese staatsnuusagentskap Xinhua het 339 huise ingetuimel en is kragtoevoer grootliks onderbreek. Die Chinese Administrasie vir Aardbewings het die tweede hoogste vlak noodreaksie geaktiveer. Die Amerikaanse Geologiese Opname het intussen sewe skuddings naby die middelpunt geregistreer. China se premier, Li Qiang, het dringende pogings versoek om reddingsoperasies te organiseer.
# Rugby: Die Haaie se afrigter, JP Pietersen, het drie Springbokke teruggebring in die beginspan vir vanaand se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met Cardiff in Wallis, in die vierde ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Ná ‘n verpligte ruskans tydens verlede Saterdag se oorwinning van 40-33 oor Lyon in die Uitdaagbeker, is Andre Esterhuizen terug as kaptein, met Ethan Hooker en Edwill van der Merwe as vleuels. Twee ander Bokke, die stutte Ox Nché en Thomas du Toit, sal op die bank wees. Die lostrio bestaande uit Manu Tshituka, Matt Romao en Nick Hatton bly onveranderd.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-52-sent teen die dollar, 18-rand-52-sent teen die euro en 22-rand-11-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-663-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-14-dollar-60-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 115-dollar-36-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….