Nuus 09:00
BULLETIN 23 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party dank sy sekretaris-generaal af
# Oliepryse haal ‘n vyfmaande hoogtepunt
# En, rugby: Die Verenigde Rugbykampioenskap hervat ná ‘n onderbreking
# Die MK-party het Sibonelo Nomvalo as sekretaris-generaal afgedank, na kommer oor interne faksievorming, dubbele vergoeding en raadslid-keuringsprosesse. Die party beskuldig Nomvalo dat hy hoëvlak-ontplooiingskomitees sonder die medewete van sy leierskap gestig het, en na bewering die party se parlementêre koukus en administrasie herskommel het sonder om leier Jacob Zuma, nasionale amptenare of die party se gemeenskaplike presidensie daaroor in te lig. Lindiwe Mtshali is as waarnemende sekretaris-generaal aangestel. Die party het ook vyf nuwe parlementêre swepe aangestel en verskeie bestaande ampsdraers verwyder. Die veranderinge kom minder as twee weke voor die plaaslikeregeringsverkiesing.
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering verwelkom die hersiene Witskrif oor Plaaslike Regering en beskryf dit as ‘n mylpaal om die land se munisipale stelsel te hervorm en openbare vertroue te herstel. Die witskrif lê die grondslag vir verreikende wetgewende, institusionele en finansiële hervorming van die hele plaaslikeregeringstelsel. SALGA se adjunkpresident, Xola Pakati, sê die bemoedigend dat die witskrif talle hervormings weerspieël waarvoor die organisasie hom lankal beywer, insluitend ʼn onderskeidende en doelgerigte plaaslikeregeringstelsel:
# Polisie in KwaZulu-Natal het meer lede ontplooi in gebiede wat geraak word deur onlangse aanvalle op buitelanders in Durban. Dit volg na talle voorvalle die afgelope twee dae, insluitend die dood van ʼn buitelandse burger wat na bewering gister deur ʼn groep van sowat 50 mense in die middestad aangerand is. Die polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê die motief vir die moord is nog nie bekend nie, en waarsku die publiek om nie ongetoetste inligting te versprei nie:
# Oliepryse het gister die hoogste vlak in vyf maande bereik toe Brent-ruolie, die internasionale standaard vir oliepryse, met drie-persent tot 112-dollar per vat gestyg het. Dis die hoogste sedert 18 Mei. Dit volg nadat Jemen se Iran-gesteunde Houthi’s aanvalle op Saoedi-Arabië verskerp het en vier vaartuie wat onwettig olie in die noordelike Golf vervoer, in die Straat van Hormoes getref is. President Donald Trump sê Amerika sal nie Iran voor die middeltermyn-verkiesing aanval nie, maar kan Iran se kernfasiliteite moontlik in die toekoms teiken.
# Rugby: Die Verengide Rugbykampioenskap hervat vandag ná ‘n blaaskans van ‘n week. Die Haaie en Cardiff kom vanaand in Wallis teen mekaar te staan, terwyl Connacht die Italiaanse span Zebre in Ierland verwelkom. Môre speel die Leeus teen Edinburgh in die Skotse hoofstad, en die Bulle ontvang die Ierse span Ulster op Loftus. Die Stormers speel tuis teen die Scarlets van Wallis. Edinburgh is ná drie rondes boaan die punteleer, gevolg deur die Glasgow Warriors, die Bulle en die Stormers met die Haaie wat vyfde is en die Leeus sewende.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-51-sent teen die dollar, 18-rand-51-sent teen die euro en 22-rand-11-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-553-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-6-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 114-dollar-83-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….