Nuus 15:00
BULLETIN 22 Oktober 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika se inflasie styg die tweede agtereenvolgende maand in September
# Krieket: Jimmy Anderson tree blykbaar uit nadat sy kontrak met Lancashire nie hernu is nie
# En 93-persent van Kaapstad se inwoners is blykbaar gekant teen die N2-muur van 114-miljoen-rand
# Statistiek Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersinflasie het die tweede agtereenvolgende maand gestyg en in September 4,5-persent bereik, teenoor 4,4-persent in Augustus. Hoër brandstofpryse was ‘n groot dryfveer, met vervoerkoste wat verantwoordelik is vir ‘n derde van die algehele inflasiekoers. Brandstofpryse het die afgelope jaar met 27,9-persent gestyg, terwyl voedselinflasie ook tot 1,2-persent toegeneem het. Ricado Johnson van Statistiek Suid-Afrika sê vleisinflasie het verlangsaam tot 0,7-persent, die laagste vlak in 18 maande:
# President Cyril Ramaphosa moedig werkgewers aan om jongmense geleentheid te gun om werkservaring op te doen. Hy het op ‘n konferensie oor jeugindiensneming in Sandton, Johannesburg, gesê ‘n gebrek aan ervaring beteken nie ‘n gebrek aan vermoë nie, en moedig ondernemings aan om te let op jongmense se talente en bereidwilligheid om te leer. Ramaphosa sê die regering en belanghebbendes moet saamwerk en jongmense help om hul eerste werk te kry:
# Die Hooggeregshof in Polokwane, Limpopo, het die borgtogappèl-aansoek van die geskorste Tshwane-metropolisiebeampte Peter “Gagash” Nonyane en sy vrou, die prokureur Charlotte Tibana, geweier. Regter Karin Leanne Pillay het bevind hulle kon nie oortuigende redes vir hul vrylating aanvoer nie en kan moontlik met getuies inmeng. Hulle bly in aanhouding tot 6 November. Die twee staan tereg op 123 aanklagte, insluitend bedrog, diefstal en geldwassery, vir die beweerde plundering van boedels wat deur Tibana-prokureurs geadministreer is. Die staat beweer ook 1,65-miljoen-rand is gebruik om ‘n luukse-motor te koop.
# Krieket: Engeland se voorste paaltjie-nemer, James Anderson, gaan blykbaar uittree nadat Lancashire besluit het om nie sy kontrak vir volgende seisoen te hernu nie. Die 44-jarige het ‘n seisoen-kontrak van die klub van sy jeug gehad sedert hy in 2024 uit die nasionale span getree het. Anderson was vanjaar Lancashire se kaptein en het 50 paaltjies laat kantel. Indien hy uittree, verlaat hy die spel met een-duisend-193 eersterangse paaltjies, wat hom een van die suksesvolste snelboulers in die geskiedenis maak.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-53-sent teen die dollar, 18-rand-51-sent teen die euro en 22-rand-9-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-811-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-64-dollar-27-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 113-dollar-17-sent per vat.
# En ten slotte: The People’s Cost of Care-verslag deur die skrywer en aktivis, Candice Leigh King, toon 16-duisend-210 van 17-duisend-265 mense wat ondervra is, is gekant teen die Stad Kaapstad se voorgestelde N2-muurprojek. Die omstrede projek van 114-miljoen-rand sluit ʼn sper-muur van drie meter in, asook ʼn reeks veiligheidsmaatreëls langs ʼn afstand van nege kilometer op die snelweg tussen Langa en Firgrove. Volgens die verslag ondersteun slegs 746 van deelnemers die projek terwyl 309 onseker is. Die verslag dui ook aan dat twee-duisend-102 deelnemers ʼn N2-brug of ander veiligheidsinfrastruktuur verkies.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….