Nuus 09:00
BULLETIN 21 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# SADOU vra meer befondsde onderwysposte
# Forum for South Africa verwag praktiese oplossings vir Suid-Afrika se ekonomiese uitdagings
# En ActionSA kritiseer die EFF vir die strafsaak teen die burgemeester van Tshwane
# Die onderwysersvakbond SADOU sê die mediumtermynbegroting-beleidsverklaring moet ’n duidelike politieke en fiskale verbintenis toon om behoorlike werk te skep, armoede te verlig en te verseker elke leerder en opvoeder beskik oor die hulpbronne en geleenthede om te floreer. Tydens verlede jaar se begroting is die toelae vir agterstande in skoolinfrastruktuur besnoei. SADOU-woordvoerder, Nomusa Cembi, sê die vakbond verwag dat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, voorsiening sal maak vir die uitbreiding van befondsde onderwysposte, sodat werklose opvoeders in die stelsel opgeneem kan word:
Forum for South Africa sê intussen hy verwag die minister sal praktiese oplossings bied vir Suid-Afrika se ekonomiese probleme soos stadige ekonomiese groei, hoë werkloosheid en stygende lewenskoste. Forum-leier Tebogo Mashilompane sê Nasionale Tesourie moet voorkeur gee aan betekenisvolle verligting vir lae-inkomstehuishoudings, wat deurloop onder stygende brandstof-, kos-, vervoer- en elektrisiteitspryse:
# ActionSA in Tshwane sê die EFF mag anspreeklikheid eis, maar kan nie voorgee om ‘n opposisieparty te wees in ‘n regering waarin hy self dien nie. Dit volg nadat die EFF ‘n strafregtelike saak teen die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, en die stadbestuurder aanhangig gemaak het, weens versuim om water by die Bronkhorstspruit-watersuiweringsaanleg met chloor te behandel. Dit het tot 408 gevalle van maggdermsiekte gelei. Henriette Frohlich van ActionSA sê die EFF moet ook aanspreeklik wees vir sy eie rol in die uitvoerende gesag:
Die Verenigde Nasies se Menseregtekomitee waarsku dat konflik in 12 van die huidige 13 honger-brandpunte die grootste oorsaak van die hongersnood is. Vandag leef 1,4-miljoen mense in ses lande onder rampspoedige toestande wat nege keer meer is as in 2016. In lande soos Soedan, die Demokratiese Republiek die Kongo, Jemen en Gaza, staar 266-miljoen mense erge hongersnood in die gesig. Die VN Menseregte-hoof, Volker Türk, sê beperkings op humanitêre hulp en aanvalle op hulpwerkers vernietig die laaste kans op hulp aan mense in oorloggeteisterde lande.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-39-sent teen die dollar, 18-rand-40-sent teen die euro en 21-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-731-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-124-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 111-dollar-75-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….