Nuus 07:00
BULLETIN 20 Oktober 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die geheime verhoor van Zuma se spioen gaan in die hof gedaag word
# Business Leadership SA sê die regering moet sy begroting aanwend om groei te bevorder
# En gholf: Die Sonskyn-toer kondig ‘n sterk begin vir 2027 aan
# Die Campaign for Free Expression, Media24, amaBhungane en Daily Maverick het die Hooggeregshof in Pretoria versoek om die verhoor van twee voormalige amptenare van die Staatsveiligheidsagentskap vir die publiek oop te stel. Thulani Dlomo, bekend as voormalige president Jacob Zuma se spioen, en Patrick Mshotholo staan tereg vir die beweerde misbruik van 12-miljoen-rand se intelligensiefondse. Nicole Fritz van die organisasie voer aan die bevel wat openbare toegang verbied, is te wyd en ondermyn openbare toesig:
# Business Leadership South Africa sê Suid-Afrika het wel sy nasionale skuld en finansies bestendig, maar groei is die bestanddeel wat kortkom. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer môre die mediumtermynbegroting-beleidsverklaring. BLSA se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê terwyl die ekonomie na verwagting vanjaar met skaars een-persent gaan groei, is daar min momentum om die regering se inkomste te verbeter. Sy sê al die regte bestanddele om groei te ondersteun, is beskikbaar. Dit sluit in die strukturele hervorming in die land se netwerk-bedrywe wat lei tot betroubare elektrisiteit, goedkoper data en beter logistiek.
# Die Motorbedryf-personeelvereniging vra groter bewustheid van depressie onder tieners, kuberafknouery en selfmoord na aanleiding van die dood van twee tieners. ‘n Matriekleerder aan St Anne’s Diocesan College in KwaZulu-Natal, Reneiloe Monkhi, is op 15 Oktober oorlede, terwyl Ashleigh Saville van Mitchells Plain op 7 Oktober gesterf het. Saville se pa sê sy is maande lank aan kuberafknouery blootgestel. Phakamile Hlubi-Majola van MISA sê gesinne, skole en gemeenskappe moet saamwerk om jongmense te beskerm:
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê die Stad Tshwane het versuim om Bronkhorstspruit-inwoners te waarsku dat water wat nie met chloor behandel is nie, onveilig is vir gebruik. Dit volg op ‘n uitbreking van maagdermsiektes. Tussen die 7de en die 8ste van hierdie maand is 408 gevalle in Tshwane Streek Sewe aangemeld. Die meeste was kinders jonger as vier, maar geen sterftes is aangemeld nie. Majodina sê die Water-navorsingskommissie is aangestel om onafhanklike watergehalte-toetse te doen en die uitslag word môre verwag:
# Frankryk se eerste minister, Sébastien Lecornu, het stede toestemming gegee om gedeeltelike klokreëls in te stel om mense, eiendom en sakeondernemings te beskerm. Die land steier onder die ergste onluste in jare terwyl mense betoog teen stygende brandstofpryse, lewenskoste en verswakkende dienslewering. Tweeduisend sakeondernemings het onder die betogings deurgeloop. Lecornu sê ultra-linkse radikale groepe het die onbestendigheid veroorsaak. Hy sê sowat 80-persent van die mense wat gearresteer is tydens die naweek se oproer en plundering, sal strafregtelik aangekla word.
# Gholf: Die Sonskyn-toer het ʼn sterk begin vir 2027 aangekondig, met vier toernooie wat in samewerking met die HotelPlanner-toer goedgekeur is en op Suid-Afrikaanse bane afskop. Die program begin met die SDC Ope, gevolg deur die Durban Ope in Januarie. In Februarie vind die CIRCA Kaapstad Ope en die DATA Pro-Am Ope plaas. Die Sonskyntoer se kommissaris, Thomas Abt, sê baie Suid-Afrikaanse beroepspelers het die geleentheid gebruik wat die HotelPlanner-toernooie bied om tot by die DP World-toer en verder te vorder.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-41-sent teen die dollar, 18-rand-41-sent teen die euro en 21-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-470-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-128-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 111-dollar-9-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….