Nuus 11:00
BULLETIN 19 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa veroordeel die vlaag politieke moorde in Suid-Afrika
# Zelensky erken Oekraïne sal die oorlog verloor indien Amerika amptelik Rusland se kant kies
# En rugby: Solontsi gaan die Springbok-vroue aanvoer teen Ierland
# President Cyril Ramaphosa het kommer uitgespreek oor die vlaag politieke moorde voor volgende maand se munisipale verkiesing. Volgens die Wêreldwye Inisiatief teen Transnasionale Georganiseerde Misdaad is 43 mense tussen Januarie en September vanjaar dood in vermeende politieke sluipmoorde in Suid-Afrika. Verlede week is twee ANC-vrywilligers doodgeskiet tydens ‘n deur-tot-deur veldtog in Umgababa in KwaZulu-Natal. Ramaphosa sê Suid-Afrika kan nie ʼn land wees waar mense vermoor word as hul standpunte verskil nie:
# Suid-Afrika se mediasektor herdenk vandag Swart Woensdag, wat verwys na die apartheidsregering se onderdrukking van mediavryheid op 19 Oktober 1977. Die koerante The World en Weekend World is verbied en 19 organisasies van die Swartbewussynsbeweging onwettig verklaar. ‘n Uitgesproke kritikus van apartheid, die joernalis Percy Qoboza, was een van diegene wat aangehou is. Die dag dien as ‘n herinnering aan die gevare van sensuur en die noodsaaklike rol van vrye media om regerings tot verantwoording te roep, ongeregtigheid bloot te lê en die publiek ingelig te hou.
# Die DA sê Eskom se leierskap moet rekenskap gee oor bykomende werk wat deur bestaande kontrakte eerder as mededingende tenders toegeken is. Sunday Times het bevind die kragverskaffer was tussen Oktober 2023 en Maart vanjaar verantwoordelik vir byna 60-persent van die 69,6-miljard-rand se kontrakuitbreidings in nasionale departemente en staatsinstellings. DA-woordvoerder Kevin Mileham sê Eskom het gekwalifiseerde ouditmenings ontvang, en was verantwoordelik vir 41,4-miljard-rand se kontrakuitbreidings oor twee-en-ʼn-half jaar:
Nuus uit die buiteland:
# Oekraïne se president, Volodimir Zelensky, sê dit sal ʼn geskiedkundige fout wees indien Amerika amptelik standpunt inneem saam met president Vladimir Putin van Rusland. Die verhouding tussen Washington en Kiëf het verswak nadat Amerika verlede week ʼn omstrede diesel-invoerooreenkoms met Rusland gesluit het. President Donald Trump beskuldig Zelensky dat hy nie die oorlog wil beëindig nie. Zelensky het teenoor NBC News erken Oekraïne sal sukkel om die oorlog te wen sonder Amerikaanse ondersteuning:
# Rugby: Sizophila Solontsi sal die Springbok-vroue Donderdag en die 31ste van die maand aanvoer in die laaste twee toetse in die W-15 Wêreldreeks teen Ierland in Kaapstad, aangesien kaptein Babalwa Latsha weens ʼn enkelbesering buite aksie is. Nombuyekezo Mdliki is ook op die kantlyn met ʼn rib-besering. Unam Tose is aangewys as onderkaptein vir die twee toetse. Dis die eerste internasionale wedstryde tussen dié twee lande in Suid-Afrika.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-44-sent teen die dollar, 18-rand-46-sent teen die euro en 21-rand-92-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-798-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-185-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 108-dollar-68-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….