Nuus 09:00
BULLETIN 19 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA wil hê Eskom moet verantwoording doen vir meer as 41,4-miljard-rand se kontrakuitbreidings
# Die ANC is betrokke by ’n geding oor beweerde skuld van 40-miljoen-rand
# En die Nasionale Dobbelraad waarsku teen die gebruik van studietoelaes vir dobbelary
# Die DA sê Eskom se leierskap moet rekenskap gee oor bykomende werk wat deur bestaande kontrakte eerder as mededingende tenders toegeken is. In ‘n ondersoek deur die Sunday Times is bevind die kragverskaffer was tussen Oktober 2023 en Maart vanjaar verantwoordelik vir byna 60-persent van die 69,6-miljard-rand se kontrakuitbreidings by nasionale departemente en staatsinstellings. Kevin Mileham van die DA sê Eskom het gekwalifiseerde ouditmenings ontvang, maar dit het nou aan die lig gekom hy is verantwoordelik vir 41,4-miljard-rand se kontrakuitbreidings oor twee-en-ʼn-half jaar:
# Die maatskappy vir digitale veldtogte, Eltel, vat die ANC hof toe oor beweerde skuld van 40-miljoen-rand vir dienste wat tydens die 2019-verkiesing gelewer is. Dit hou verband met digitale bemarking, kommunikasie en tegniese ondersteuningsdienste. Volgens hofdokumente het die oorspronklike skuld van 24-miljoen-rand toegeneem tot ongeveer 40-miljoen-rand. Dit sluit rente in van 13-miljoen-rand en 2,9-miljoen se regskoste. Die maatskappy se stigter, Asif Casoojee, sê die hof moet die Verkiesingskommissie opdrag gee om fondse wat aan die ANC toegeken is, te herlei om die beweerde skuld te vereffen.
# Die Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies. Hy bevestig die raad en NSFAS werk saam om bewustheid te skep deur slypskole op kampusse, gesprekke met studente en veldtogte oor finansiële geletterdheid:
# Die Amerikaanse president Donald Trump het sy besluit verdedig om sanksies teen Rusland te blokkeer, slegs twee dae voor dit in werking sou tree. Hy het Vrydag ‘n uitvoerende bevel uitgereik waarvolgens die sanksies, insluitend dié wat op Rusland se ekonomie gemik is, vir 60 dae opskort word. Trump het ook voorgestelde tariewe laat vaar op lande wat olie uit Moskou invoer. Trump het op Truth Social gesê hy onderhandel oor vrede in die oorlog tussen Rusland en Oekraïne, en wil niks doen wat Moskou van die onderhandelingstafel sal wegdryf nie.
# Tennis: Alejandro Davidovich Fokina het die grootste titel van sy loopbaan gebuit toe hy die Sjanghai Meesters gewen het. Die 27-jarige Spanjaard het sy landgenoot, Rafael Jodar, geklop om sy eerste ATP Meesters Een-duisend te wen. In die vroueafdeling het die Franse Ope-naaswenner, Maja Chwalinska van Pole, die Wuhan Ope-eindstryd in China en haar eerste WTA Eenduisend-titel opgeraap. Sy was ʼn stel agter, maar het teruggeveg en die Brit, Sonay Kartal, geklop. Chwalinska is die vierde speler wat hierdie seisoen met haar eerste WTA Eenduisend-titel spog.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-45-sent teen die dollar, 18-rand-47-sent teen die euro en 21-rand-92-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-450-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-177-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 109-dollar-47-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….