Nuus 15:00
BULLETIN 16 Oktober 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Fadiel Adams se bedrogsaak verskuif na die Durbanse Streekhof
# Masemola gaan die polisie se gereedheid vir die verkiesing beoordeel
# En gholf: ‘n Toernooi in Saudi-Arabië word uitgestel weens terreuraanvalle in Riaad
# Die voorverhoorkonferensie in die bedrogsaak teen die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, is van Pinetown se Landdroshof na Durban se Streekhof verskuif. Die staatsaanklaer, Nokulunga Ngcobo, sê dis weens veiligheidskwessies wat die polisie geopper het en ‘n vol hofrol. Die verdediging het ingestem om die saak tot 11 Desember uit te stel. Adams staan tereg op aanklag van bedrog en regsverydeling. Hy beskuldig die staat dat hy die saak doelbewus vertraag:
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sal waarskynlik ná sy terugkeer die polisie se gereedheid vir volgende maand se plaaslike regeringsverkiesing beoordeel. Woordvoerder Athlenda Mathe sê hy sal die Nasionale Gesamentlike Bedryfs- en Intelligensiestruktuur se veiligheidsplan vir die verkiesing hersien voor hy provinsies besoek om met provinsiale kommissarisse te vergader. Mathe het politieke partye, hul lede en kandidate aangemoedig om verdraagsaam te wees en waarsku politieke verskille regverdig nooit aanvalle of moord nie:
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê tegnologiese verandering moet werkers bevoordeel en nie net ondernemings nie, aangesien outomatisering en kunsmatige intelligensie werkplekke hervorm. Die vakbondfederasie FEDUSA se agtste nasionale kongres fokus op die waardigheid van werkers, regte en die toekoms van werk. MISA se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê werkers moet betrek word by besluite oor nuwe tegnologie en geleenthede kry om nuwe vaardighede aan te leer:
Nuus uit die buiteland:
# Die Europese Unie sal Oekraïne waarskynlik met nóg ‘n lening moet bystaan om volgende jaar se verwagte befondsingstekort te help oorbrug en sy oorlog teen Rusland te ondersteun. Estland se eerste minister, Kristen Michal, sê Oekraïne se tekort vir verdediging en staatsbesteding kan volgende jaar sowat 1,1-duisend-miljard-rand beloop. EU-leiers het verlede jaar ingestem om Oekraïne vanjaar en volgende jaar met 1,6-duisend-miljard-rand te befonds, maar dit sal moontlik nie genoeg wees nie. België en ander lidlande het planne verhoed om gevriesde Russiese bates vir verdere befondsing te gebruik.
# Gholf: Die laaste toernooi van die Asiatiese Toer-seisoen, die Saudi-internasionale toernooi, is weens terreuraanvalle vir ‘n onbepaalde tyd uitgestel. Die geleentheid sou volgende maand in die hoofstad, Riaad, aangebied word. Saudi Gholf en die Asiatiese Toer sê in ‘n gesamentlike verklaring dat hulle in regstreekse kontak bly met spelers en lede oor die skedule en verdere stappe. Die uitstel volg op die verskuiwing van die Six Kings Slam-tennistoernooi na die einde van Desember, terwyl drie sokkerwedstryde in die Saudi-pro-liga in Saoedi-Arabië ook uitgestel is.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-42-sent teen die dollar, 18-rand-48-sent teen die euro en 21-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-590-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-179-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 108-dollar-29-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….