Nuus 13:00
BULLETIN 15 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Konstitusionele Hof beslis ten gunste van die ANC oor sy kandidatelyste
# Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys waarsku matrieks om nie laat op te daag vir hul eksamen nie
# En rugby: Vier veranderings vir die Wallabies ná die verpletterende nederlaag teen die All Blacks
# Die Konstitusionele Hof het ten gunste van die ANC beslis in sy geskil met die Verkiesingskommissie rakende 181 kandidate uit ses munisipaliteite wat uitgesluit is van 4 November se plaaslike regeringsverkiesing. Die munisipaliteite is Port St Johns, Ngquza Hill, Walter Sisulu en Sondagsriviervallei in die Oos-Kaap, Mangaung in die Vrystaat en uMshwathi in KwaZulu-Natal. Regter Rammaka Mathopo het die kommissie se besluit tersyde gestel om die party se kandidatelyste te verwerp:
Eskom versoek politieke partye, onafhanklike kandidate, ondersteuners, veldtogspanne en advertensie-agentskappe intussen om nie verkiesingsplakkate, baniere of ander promosiemateriaal op elektriese infrastruktuur aan te bring nie. Die kragvoorsiener sê daar is ‘n toename in verkiesingsplakkate op kragpale, mini-substasies, transformators en ander elektriese infrastruktuur. Woordvoerder Daphne Mokwena sê mense stel hulself bloot aan ernstige gevaar wanneer hul plakkate op of naby elektriese infrastruktuur sit of verwyder:
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het kommer uitgespreek oor leerders wat laat opdaag vir die matriekeksamen, ondanks ‘n goeie begin van die eksamen. Meer as 85-duisend voltydse, deeltydse en herhaalde kandidate skryf hul nasionale senior sertifikaat-eksamen in die provinsie. Die LUR vir Onderwys, Jaco Londt, het leerders versoek om minstens ‘n uur vroeër by eksamenlokale op te daag om spanning te vermy weens vervoervertragings of ongelukke:
Nuus uit die buiteland:
# Die Bollywood-akteur, Imran Khan, is opdrag gegee om Indië teen 28 Oktober te verlaat nadat hy in Mumbai aan ‘n betoging deelgeneem het. Die rolprent-ster Aamir Khan se neef is ‘n Amerikaanse burger met oorsese burgerskapstatus in Indië. Hy is op 10 Oktober vir ‘n kort tydjie in hegtenis geneem tydens ‘n betoging teen die hoofverkiesingskommissaris, Gyanesh Kumar. Die besluit volg op ‘n klagte dat Khan die reëls vir buitelandse burgers oortree het. Die presiese regsgronde vir die besluit is egter nog onduidelik.
# Rugby: Die losskakel Declan Meredith en die stut Aidan Ross is onder vier veranderings aan Australië se span vir Saterdag se tweede Bledisloebeker-toets teen Nieu-Seeland in Sydney. Die Wallabies het verlede naweek die eerste toets op Edenpark 50-19 verloor. Meredith vervang die beseerde Ben Donaldson en Ross vir Angus Bell, wat die wedstryd op die bank sal begin. Die haker Josh Nasser vervang Brandon Paenga-Amosa, terwyl die losskakel Harry McLaughlin-Phillips gereed is vir ‘n toetsbuiging van die bank af.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-48-sent teen die dollar, 18-rand-50-sent teen die euro en 21-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-235-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-158-dollar-28-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 106-dollar-13-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….