Nuus 13:00
BULLETIN 13 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Ontleder sê Sibiya se pensioen word geraak deur sy oneerbare ontslag
# Tongaat Hulett gaan na 74 jaar van die Johannesburgse Aandelebeurs gedenoteer word
# En ‘n reusepampoen-kampioen het die wêreldrekord in sy visier
# ‘n Veiligheidsontleder sê die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, se oneerbare ontslag kan sy pensioenvoordele raak en hom ontneem van ‘n maandelikse pensioenuitbetaling. Hy is van sy rang gestroop nadat hy te midde van ‘n tugproses bedank het. Sibiya staan ook tereg op strafregtelike aanklagte van verkragting, mensehandel en seksuele gereedmaking. Willem Els van die Instituut vir Sekerheidstudies sê die straf weerspieël die erns van Sibiya se wangedrag:
# Een van Suid-Afrika se grootste suikerprodusente en landbou-ondernemings, Tongaat Hulett, gaan op 3 November van die Johannesburgse Aandelebeurs gedenoteer word. Die JSE het aangekondig hy gaan na 74 jaar die maatskappy se gewone aandele van sy hoofraad verwyder. Die maatskappy het gesukkel om talle van sy verpligtinge as genoteerde maatskappy na te kom sedert hy in sakeredding geplaas is. Die denotering bevat nie ‘n aanbod aan aandeelhouers nie en geen betaling sal dus aan hulle gedoen word nie.
# Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap moedig inwoners aan om meer bome te plant om gemeenskappe beter toe te rus vir stygende temperature en toekomstige hittegolwe. Die naderende El Niño en voorspellings van uiters warm somertemperature in 2027 kan ‘n uitdaging wees vir Suid-Afrikaners. Woordvoerder, Herman Pieters, sê om bome te plant bied ‘n praktiese, langtermyn oplossing om gemeenskappe te help om by stygende temperature aan te pas:
# Sokker: Cristiano Ronaldo het ‘n doel aangeteken in sy Saoedi-Arabiese klub Al-Nassr se oorwinning van 3-1 oor Neftchi Fergana van Oesbekistan in die Asiatiese Kampioeneliga. ‘n Sekerheids-waarskuwing het die afskop met ‘n uur vertraag. ‘n Waarskuwing is kort voor die wedstryd in Riaad uitgereik ná berigte van ontploffings. Die Saoedies-geleide militêre koalisie het vroeër ballistiese missiele vernietig wat die Houthi-rebelle van Jemen na die hoofstad afgevuur het. Ronaldo het Al-Nassr se tweede doel aangeteken en Neftchi het ‘n doel behaal, maar ‘n eie doel het die oorwinning beklink.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-48-sent teen die dollar, 18-rand-43-sent teen die euro en 21-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-383-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-183-dollar-11-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 107-dollar-23-sent per vat.
# En ten slotte: ʼn Amerikaanse tuinbou-onderwyser hoop om weer die wêreldrekord vir die swaarste pampoen op te raap nadat hy sy vyfde reusepampoen-kompetisie gewen het. Travis Gienger het met sy pampoen van een-duisend-83 kilogram van Minnesota na Kalifornië gereis en die jaarlikse kompetisie in Halfmaanbaai gewen. Die wêreldrekord is verlede week in Engeland verbeter met ʼn pampoen van een-duisend-300-kilogram. Gienger het al voorheen die wêreldrekord gehou en is een van baie kwekers wat hierdie maand aan kompetisies deelneem en hoop hulle pampoen is koning.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….