Nuus 11:00
BULLETIN 13 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Afrika Mayibuye-beweging vra billikheid in die saak tussen die ANC en die OVK in die Konstitusionele Hof
# Uitgewers span saam om hulle inhoud teen kunsmatige intelligensie te beskerm
# En tennis: Zverev eindig die seisoen as die wêreld-nommer-een
# Die Afrika Mayibuye-beweging vra die Konstitusionele Hof om toe te laat dat alle kandidate wie se inligting vasgelê is, as finale kandidate aanvaar word voor die komende plaaslike verkiesing. Die Konstitusionele Hof oorweeg ‘n geskil tussen die ANC en die Verkiesingskommissie. Die beweging se woordvoerder, Sydney Baloyi, sê die verkiesingsproses moet billikheid, deursigtigheid en gelyke geleenthede vir alle deelnemende kandidate bevorder:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, Jaco Londt, het die Matriekklas van 2026 voorspoed toegewens met hul Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen wat vandag begin. Die eerste vraestel is Rekenaartoepassingstegnologie-prakties. Altesaam 71-duisend-302 voltydse kandidate en 13-duisend-834 deeltydse kandidate in die provinsie sal na verwagting die eksamen aflê. Londt sê 2025 se matrieks het ‘n slaagsyfer van 88,2-persent gehad wat beter was as die 86,6-persent in 2024:
# Die ANC in Ekurhuleni, Gauteng, het die raadslede Thato Mashiane, Thembinkosi Lubisi en Sibusiso Dlamini verwyder en hul partylidmaatskap met onmiddellik ingang beëindig. Waarnemende streeksekretaris Moipone Mhlongo sê hulle het Reël 25 van die ANC se grondwet oortree. Sy sê die oortredings sluit in die ondersteuning van of aansluiting by politieke organisasies wat verkiesings teen die ANC se amptelik goedgekeurde mandaat betwis en veldtogte voer vir organisasies wat ANC-goedgekeurde kandidate teenstaan:
Nuus uit die buiteland:
# Meer as 40 uitgewers, waaronder New York Times, Agence France-Presse en The Economist, het by ‘n koalisie aangesluit om te verhoed dat kunsmatige intelligensie-maatskappye hul inhoud sonder toestemming gebruik. Die groep beoog om standaarde en hulpmiddels te ontwikkel om te monitor hoe K-I-stelsels nuusberigte gebruik, en uitgewers te help om ooreenkomste oor betaling te beding. Die koalisie het nou meer as 80 lede in meer as 20 lande, insluitend die BBC en Financial Times. Uitgewers is bekommerd dat antwoorde wat deur K-I geskep word, ook die verkeer na hul webwerwe verminder en sodoende advertensie-inkomste bedreig.
# Tennis: Alexander Zverev van Duitsland sal die eerste keer in sy loopbaan die jaar as die wêreld se voorste speler afsluit. Die 29-jarige het die posisie beklink toe die Spanjaard Carlos Alcaraz gister onverwags uitgeskakel is in die Sjanghaise Meesterstoernooi in China. Zverev het vanjaar sy eerste twee Grand Slam-titels opgeraap in die Franse Ope en die Amerikaanse Ope. Hy neem die nommer een-posisie oor by die Italianer Jannik Sinner, wat die res van die seisoen gaan misloop weens ‘n kniebesering.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-49-sent teen die dollar, 18-rand-44-sent teen die euro en 21-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-589-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-188-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 107-dollar-89-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….