Nuus 11:00
BULLETIN 12 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Gwarube sê die obsessie met die matriekslaagsyfer het onbedoelde gevolge
# Die Britse eerste minister sê Rusland het ingemeng by die Brexit-referendum van 2016
# En krieket: Die voormalige Suid-Afrikaanse-hoofafrigter, Eric Simons, sluit aan by Engeland se toets-opset
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, vra ‘n breër beoordeling van provinsiale onderwysprestasie en sê die matriek-slaagsyfer is nie langer die enigste maatstaf vir gehalte nie. Sy sê die fokus op die bereiking van die hoogste slaagsyfer het onbedoelde gevolge gehad, insluitend gebruike wat leerders se vordering en deelname aan sleutelvakke kan ondermyn. Gwarube sê die departement sal provinsiale prestasie aan die hand van ‘n wyer reeks gehalte-aanwysers beoordeel:
# Die Jacob Zuma-stigting veroordeel wat hy as media-waansin beskryf en sê dit word aangeblaas deur gerugte, verkeerde inligting en meedoënlose openbare obsessie oor die oudpresident se gesondheid. Die 84-jarige Zuma word sedert verlede week in die Netcare St Anne’s-hospitaal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, behandel. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê Zuma verdien dieselfde waardigheid, privaatheid en respek wat alle mense met ‘n gesondheidsuitdaging verdien. Hy sê sy gesondheid behoort nie ‘n geleentheid vir sensasie te wees nie:
# Die Parlement se staande komitee oor Finansies is bekommerd oor ongeveer 19 munisipaliteite wat sowat 1,7-miljard-rand in agterstallige pensioenfondsbydraes skuld. Munisipaliteite in die Vrystaat en Noordwes is verantwoordelik vir 79,4-persent van die algehele bedrag. Die voorsitter, Joe Maswanganyi, sê die komitee sal in gesprek tree met die ministers van Finansies en van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, die betrokke munisipaliteite en vakbonde om vas te stel watter stappe gedoen word om die uitstaande geld te verhaal en aanspreeklikheid te verseker.
Nuus uit die buiteland:
# Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê Rusland het ingemeng by die Brexit-referendum van 2016. Die parlementêre komitee vir Intelligensie en Veiligheid het in 2020 bevind die regering het versuim om die uitwerking te beoordeel van Russiese staatsmedia-beheerde rekeninge op die referendum oor Europese Unie-lidmaatskap. Die Russiese Ministerie van Buitelandse Sake verwerp die bewerings. Burnham het aan die potgooi The Rest is Politics gesê soortgelyke bedrywighede het in Frankryk en Duitsland plaasgevind:
# Krieket: Suid-Afrika se voormalige hoofafrigter, Eric Simons, gaan volgens berigte aangestel word as boulafrigter in die Engelse toetsafrigter, Stephen Fleming, se ondersteuningspan. Fleming is besig om sy span bymekaar te kry vir die reeks teen die Proteas in Desember. Simons was tussen 2002 en 2004 in beheer van Suid-Afrika en was ook ‘n ruk lank Indië se boulafrigter. Hy het ook saam met Fleming by die Joburg Super Kings in die SA20 gewerk. Simons was ‘n raadgewer vir die Proteas se witbalspanne toe Rob Walter in beheer was.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-49-sent teen die dollar, 18-rand-48-sent teen die euro en 21-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 84-duisend-116-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-185-dollar-60-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 106-dollar-52-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….