Nuus 17:00
BULLETIN 8 Oktober 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Umalusi verskerp die veiligheidsmaatreëls voor die matriekeindeksamen
# Afrika Mayibuye sê Eskom se herstel moet alle gemeenskappe bereik
# En, die konsulaat in Jerusalem word ‘n Britse sending met diplomate wat vertrek
# Umalusi se uitvoerende hoof, Mafu Rakometsi, sê ‘n vraestel wat verlede jaar uitgelek het, het aanleiding gegee tot strenger veiligheidsprotokolle. Amptenare wat by die eksamen betrokke is, moet verklaar of hul nabye familielede eksamen skryf en word dan gekeur. Rakometsi sê vraestelle wat op rekenaars gestoor word, moet daagliks verwyder en deur aangewese amptenare beveilig word. Hy sê kameratoesig sal help om vas te stel waar en wanneer vraestelle uitlek:
# Die Afrika Mayibuye-beweging sê Eskom se verbeterde opwekkingsprestasie en meer as 500 dae sonder beurtkrag, danksy die voortgesette operasionele en finansiële herstel is bemoedigend, maar dit moet alle gemeenskappe bereik. Die beweging se woordvoerder, Sydney Baloyi, sê baie huishoudings en ondernemings ervaar steeds lasvermindering, onderbrekings in kragverspreiding en en beskadigde infrastruktuur:
# Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Sizakhele Dyantyi, moedig slagoffers van huishoudelike geweld aan om na vore te kom en daaroor te praat sodat oortreders vervolg kan word. Die oproep kom nadat die provinsiale Hooggeregshof Duncan Hoorn tot lewenslange tronkstraf gevonnis het vir ontvoering, moord en regsverydeling. Hy is skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Chantal Pasquali. Die polisiewoordvoerder, Wesley Twigg, sê die slagoffer is deur die beskuldigde aangerand en het in die hospitaal aan haar beserings beswyk:
# Britanje se Konsulaat-generaal in Oos-Jerusalem gaan voortaan as die Britse sending in Jerusalem bekend staan na Israel gelas het die konsulaat moet gesluit word. Die Britse minister van Buitelandse Sake, Ed Miliband, sê die gebou sal oop bly en steeds noodsaaklike dienste lewer en saam met Palestyne werk. Twintig Britse diplomate, insluitend die konsul-generaal, sal Israel verlaat, terwyl sewe diplomate in die sending aanbly. Die geskil volg op Brittanje se besluit om sanksies teen Israeliese nedersettings in die besette Wesbank in te stel. Brittanje sê hy sal nie soortgelyke stappe teen Israelse diplomate doen nie.
# Krieket: Australië se hoofafrigter, Andrew McDonald, verwag ‘n kragtige aanval van die Proteas wanneer die eerste toets môre in Durban begin. Suid-Afrika sal sonder verskeie eerstekeuse-boulers wees, maar McDonald glo die gasheer het genoeg diepte. Hy het ook vertroue in Australië se slaankrag om te verseker dat die reeks van drie wedstryde tussen die twee voorste spanne op die wêreldranglys ‘n strawwe stryd sal wees. Dit is deel van die Wêreldtoetskampioenskap se siklus vir 2025 tot ’27 nadat die Proteas die vorige een gewen het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-66-sent teen die dollar, 18-rand-62-sent teen die euro en 21-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-291-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-120-dollar-64-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 107-dollar-43-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….