Nuus 13:00
BULLETIN 3 Oktober 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Gautengse polisie ondersoek die dubbele moord op ‘n tiener-tweeling
# Die Spesiale Tribunaal verwerp Pule Mabe se poging om ‘n Spesiale Ondersoek-eenheid-saak teen hom te stuit
# En sokker: Pitso Mosimane sal na verwagting Bafana Bafana spelers afwissel wanneer Suid-Afrika môreaand teen Egipte speel
# Die Gautengse polisie ondersoek ‘n dubbele moord nadat 14-jarige tweeling seuns vermoor is in hul huis in Mamelodi-Wes, Tshwane. Die seuns se ma het volgens berigte op die lewelose liggame in hul slaapkamer afgekom toe sy van die werk af teruggekeer het. Die seuns het verskeie steekwonde opgedoen. Die motief vir die moorde is steeds onbekend, en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die polisie sê hulle volg leidrade op terwyl die ondersoek na die sterftes voortduur.
# Die Spesiale Tribunaal het die voormalige ANC-woordvoerder, Pule Mabe, se aansoek verwerp om siviele verrigtinge te staak in verband met ‘n beweerde onreëlmatige tender van 27,6-miljoen-rand vir afvalverwyderingsvoertuie in Gauteng. Die tribunaal het bevind Mabe se betoë is ongegrond en die aansoek was bloot daarop gemik om aanspreeklikheid te ontduik. Gevolglik kan die Spesiale Ondersoekeenheid voortgaan met stappe om die staat se geld te verhaal, terwyl Mabe se afsonderlike strafregtelike bedrog en geldwassery-verhoor steeds voortgaan. Mabe is ook gelas om die regskoste te betaal.
# Die Afrika-kommissie vir Mense- en Volkeregte vra ‘n veelvlakkige benadering tot Suid-Afrika se toenemende krisis met geslagsgeweld en vrouemoord. Die oproep volg op ‘n ondersoek om inligting in te win, waarby die regering, burgerlike samelewing en ander belanghebbendes betrokke was. Die kommissie se spesiale rapporteur, Solomon Ayele Dersso, sê slegs wetstoepassing en veiligheidsmaatreëls is nie voldoende nie. Hy sê Suid-Afrika moet leemtes in wetgewing aanpak en meganismes om gevalle aan te meld versterk:
# Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê beduidende vordering is gemaak in die stryd teen bedrog en korrupsie in die grens- en immigrasiesektor. Masiapato het op die OR Tambo Internasionale Lughawe gesê die owerheid het 57 dissiplinêre sake hanteer tussen Julie en September. Altesaam 17 amptenare is afgedank, twee het laaste waarskuwings ontvang en een is sonder betaling geskors. Drie-en-dertig sake is steeds hangende. Die Departement van Binnelandse Sake het 42 gevalle van wangedrag afgehandel:
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Pitso Mosimane, gaan verskeie veranderings aan die span aanbring wanneer Suid-Afrika môreaand teen Egipte in ‘n vriendskaplike wedstryd op die Kaïro Internasionale Stadion te staan kom. Mosimane wil spelers wat nie tydens die oefenkamp speeltyd gekry het nie, die geleentheid bied om hul staal te toon. Nuwe gesigte soos Shandre Campbell, Fawaaz Basadien, Thabang Matuludi en Tashreeq Matthews sal na verwagting speel. Die span se kaptein en doelwagter, Ronwen Williams, mag dalk rus om Sipho Chaine of Ricardo Goss ‘n kans in die doelhok te gee.
# En laastens rugby: Edinburgh se afrigter, Sean Everitt, het die flank Liam McConnell geprys omdat hy gisteraand die Stormers se lynstane op die Hive-stadion ontwrig het. Die besoekers het 11 lynstane afgestaan in hul nederlaag van 17-13. Een daarvan was in bykomende tyd nadat hulle ‘n strafskop na die hoeklyn geskop het in ‘n poging om die wedstryd te wen. Die Stormers se probleme het begin toe die Springbok-haker, André-Hugo Venter, in die 22ste minuut vir ‘n kopbeseringsondersoek van die veld moes gaan en nie teruggekeer het nie. Afrigter, John Dobson, sê die verlies van 11 lynstane het hulle waarskynlik die wedstryd gekos.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….