Nuus 17:00
BULLETIN 30 September 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU verwelkom president Ramaphosa se ingryping by geslagsgeweld maar waarsku teen vertragings
# Die SABC herhaal sy voorstel om Parlement-TV aan te bied
# En, luiperds is na 170 jaar weer terug aan die Weskus danksy natuurlike herkolonisering
# Die vakverbond COSATU verwelkom president Cyril Ramaphosa se aankondiging van verdere ingryping om geslagsgeweld en vrouemoord te takel. Die president het ‘n multidissiplinêre nasionale strategie uiteengesit wat ʼn gekoördineerde feitesending en verslag oor agterstande insluit. COSATU-woordvoerder Matthew Parks sê die Mediumtermyn-begroting-beleidsverklaring moet die polisie, die regbank en Nasionale Vervolgingsgesag voorsien van hulpbronne om geslagsgeweld en vrouemoord te hanteer:
# Die SABC het sy voorstel herhaal om Parlement-TV op sy uitsaaikanale en digitale platforms aan te bied. Die openbare uitsaaier het aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë gesê sy televisie-, radio- en stromingsplatforms, insluitend SABC Plus, kan toegang tot nasionale wetgewing uitbrei. Die uitvoerende hoof, Nomsa Chabeli, sê albei instellings deel ‘n mandaat om inwoners in te lig, deursigtigheid te bevorder en demokratiese betrokkenheid te versterk:
# Vier mense is dood in Russiese hommeltuig- en missielaanvalle op Kiëf en omstreke wat ook energie-infrastruktuur beskadig het. Oekraïnse amptenare sê twee vroue en ‘n 14-jarige kind is dood, terwyl nog ‘n persoon dood is toe ‘n pakhuis in Kiëf getref is. Rusland sê hy het kragsentrales geteiken, asook ander aanlegte wat Oekraïne se militêre produksie ondersteun. Oekraïne se Lugmag sê hy het 155 van die 188 hommeltuie en vyf missiele onderskep. Kiëf was na die aanvalle in rook gehul terwyl nooddienste inwoners versoek het om hul vensters toe te hou.
# Tennis: Gewese ster-spelers gaan Saterdag in Mallorca, Spanje, deelneem aan die Rafa Nadal-akademie se Slam-toernooi. Die akademie van die 22-malige Grand Slam-kampioen vier sy tiende bestaansjaar en Nadal het sy gewese afrigter en landgenoot, Carlos Moyá, nog ‘n Spanjaard, David Ferrer, en die Fransman Richard Gasquet genooi om by sy span aan te sluit. Hulle kom te staan teen Span Murray van die Skot Andy Murray, die Italianer Fabio Fognini, die Rus Marat Safin en die Oostenryker Dominic Thiem.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-34-sent teen die dollar, 18-rand-57-sent teen die euro en 21-rand-72-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 85-duisend-427-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-210-dollar-45-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 101-dollar-38-sent per vat.
# En laastens, die Weskus spog weer met sewe luiperds na ‘n afwesigheid van 170 jaar, met die eerste bevestigde waarneming wat verlede jaar op kamera in die Weskus Nasionale Park vasgevang is. Die Landmark-stigting is ‘n nie-regeringsbewaringsorganisasie wat die konflik tussen mense en wilde diere bestuur. Hoofbestuurder Bool Smuts sê luiperds in die 1800’s gejag, maar ‘n paar het in bergagtige streke oorleef. Hy sê natuurlike herkolonisering, sonder verskuiwings, is aangehelp deur groter beskermde gebiede en meer verdraagsaamheid teenoor roofdiere, en hul terugkeer ná 170 jaar is iets om te vier.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….