Nuus 11:00
BULLETIN 30 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF sê die regering het versuim om geslagsgeweld doeltreffend te bestry
# MISA sê staatsbeleid vererger die werkloosheidskrisis
# En rugby: Die Haaie se verdedigingsafrigter sê hulle is gereed om hulself teen Leinster te toets
# Die EFF sê president Cyril Ramaphosa se toespraak oor die regering se reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord is nog ‘n vertraagde ingryping van ʼn regering wat reeds jare lank bewus is van die omvang van die probleem. Hy het ʼn multidissiplinêre nasionale strategie uiteengesit om die probleem te hanteer. Die EFF sê Ramaphosa se reaksie is weereens gemik op die vestiging van nuwe meganismes, nog oudits en die hersiening van onopgeloste sake. Hy sê dit kort volgehoue instelling, voldoende hulpbronne en politieke aanspreeklikheid.
# Die Departement van Gesondheid sê die regering sal reageer op buitensporige plaaslike en geopolitieke prys-druk wat die farmaseutiese sektor raak. Die enkel-uitgangsprys van medisyne en geskeduleerde middels styg môre met 2,88-persent, wat die tweede aanpassing vanjaar is. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die verhoging sal druk op vervaardigers verlig sodat hulle medisyne volhoubaar kan voorsien, terwyl dit bekostigbaar bly vir pasiënte en mediese fondse:
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die werkloosheidskrisis word vererger deur regeringsbeleid, insluitend die onlangse verhoging van die terugkoopkoers. Woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola voer aan die koersverhoging van sewe- na 7,25-persent sal lenings duurder maak en kan die motorbedryf benadeel deur die vraag na voertuie te laat afneem. Hlubi-Majola vra groter openbare belegging en werkskepping om werkloosheid teen te werk:
Nuus uit die buiteland:
# Die Verenigde Nasies veroordeel die militêre lugaanval op ʼn mark in die staat Rakhine in Mianmar. Minstens 50 mense is dood en meer as 60 gewond. Mianmar is in ʼn burgeroorlog gewikkel sedert ʼn staatsgreep in 2021. ʼn Bondgenootskap tussen gewapende groepe veg teen die Weermag. Die VN se woordvoerder oor Menseregte, Jeremy Laurence, sê die aanval volg ure nadat Maleisië begin het om ongeveer vyf-duisend Mianmarse burgers te deporteer:
# Rugby: Die Haaie se verdedigingsafrigter, Joey Mongalo, sê Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met die verdedigende kampioen, Leinster, in Durban is ‘n uitstekende geleentheid om hulself teen die bestes te toets. Die span het sy veldtog afgeskop deur Ospreys 41-24 te klop, terwyl die Ierse span teen die Leeus verloor het. Mongalo sê hulle kon vier swak oomblikke in die wedstryd teen Ospreys identifiseer eerder as ‘n algemene verdedigingsprobleem, wat hulle nie teen Leinster kan bekostig nie. Hy erken die Haaie se agterlyn gaan ‘n moeilike tyd beleef.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-37-sent teen die dollar, 18-rand-58-sent teen die euro en 21-rand-70-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-992-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-194-dollar-47-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 99-dollar-72-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….