Nuus 08:00
BULLETIN 30 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Amerikaanse ambassadeur is weer formeel aangespreek oor “ondiplomatieke gedrag”
# Die DA-leier sê Ramaphosa se plan teen geslagsgeweld moet bewys dit kan staande bly
# En premier Burnham belowe om Brittanje ‘n nuwe rigting in te neem
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het Amerika se ambassadeur, Leo Brent Bozell, ‘n derde keer in nege maande ontbied om sogenaamde “ondiplomatiese gedrag” te verduidelik. Dit volg na ʼn artikel waarin hy president Cyril Ramaphosa en sy regering kritiseer omdat hulle vyf versoeke van president Donald Trump se administrasie ignoreer. Dit sluit in die veroordeling van die ‘Kill the Boer!’-dreunsang, voorkeur aan landelike veiligheid, die skrapping van onteiening sonder vergoeding, dat Amerikaanse maatskappye van swart bemagtiging uitgesluit word, en dat Pretoria nie inmeng met Trump se program wat vlugtelingstatus aan onder andere wit Afrikaners bied nie.
# Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê president Cyril Ramaphosa kondig sedert 2019 noodoptrede teen geslagsgeweld en vrouemoord aan, maar niks verander nie. Die president het gisteraand die nasie toegespreek en vier maatreëls aangekondig om die regering se reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord te versterk. Dit sluit in ʼn oudit van sake waarby vroue en kinders betrokke is, en ʼn opdrag dat munisipaliteite gevare wat vroue se veiligheid bedreig moet identifiseer. Hill-Lewis sê hierdie maatreëls moet deur die instelling daarvan beoordeel word, nie net deur Ramaphosa se leë verkiesingsbeloftes nie.
# Die korrupsiesaak van 228-miljoen-rand wat met Medicare 24 verband hou, wag op ‘n besluit van ‘n hersieningspaneel van die Nasionale Vervolgingsgesag. Die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en 15 ander staan tereg op aanklagte van korrupsie weens die beweerde onreëlmatige toekenning van die Medicare 24-kontrak vir die Tshwane-distrik. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Henry Mamothame, sê die Pretoriase Streekhof het die saak tot 17 November uitgestel sodat die paneel sy hersiening kan voltooi en die NVG oor die verdere verloop kan besluit:
# Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê sy agenda gaan die patroon van die afgelope 40 jaar verbreek en Brittanje in ‘n nuwe rigting stuur. In sy eerste toespraak as eerste minister tydens die Arbeidersparty se konferensie het hy onderneem om die weg te baan vir groter openbare beheer oor behuising, water en energiedienste. Burnham het verder onderneem om Brittanje se verkiesingstelsel te hervorm sodat elke stem getel en gehoor kan word. Hy sal ook ook planne vir ‘n langtermynverhouding met die Europese Unie uiteensit:
# Sokker: Die Engelse Premierliga sê Manchester City het “skynkontrakte” met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan as deel van ‘n verbloemde finansieringskema om die klub se inkomste met ongeveer 18-miljard-rand te vermeerder. ‘n Onafhanklike kommissie het City skuldig bevind aan alle aanklagte wat verband hou met oortredings van die Premierliga se finansiële reëls tussen die 2009-2010- en 2017-2018-seisoene. Gedurende hierdie tydperk het City drie Premierliga-titels gewen. In ‘n video wat aan personeel en spelers uitgelek is, ontken Manchester City se uitvoerende hoof, Ferran Soriano, enige wangedrag:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-39-sent teen die dollar, 18-rand-58-sent teen die euro en 21-rand-68-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-204-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-178-dollar-68-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 100-dollar-32-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….