Nuus 12:00
BULLETIN 28 September 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die dodetal na die Wedela-massaskietery styg tot agtien
# ‘n Vrou word in Tembisa doodgeskiet, maar geen verband is gevind met die moorde in Ekurhuleni nie
# En tennis: Alexander Zverev lei Span Europa na ‘n sesde Laverbeker-titel
# Die dodetal na die massaskietery by die Wedela-taverne aan die Gautengse Wes-Rand het tot 18 gestyg nadat ‘n slagoffer in die hospitaal dood is. Agt mans met AK-47-gewere en pistole het Saterdagaand toegeslaan en 13 mans en vier vroue is op die toneel dood. Sommige mense is blykbaar deursoek en hul selfone gesteel voor die aanvallers weggejaag het. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die motief vir die aanval is nie bekend nie:
Forum for South Africa sê intussen gemeenskappe kan nie voortgaan om onder die bedreiging van geweldsmisdaad te leef nie. Dit volg op die naweek se massaskietvoorvalle in Gauteng en die Wes-Kaap wat die lewens van meer as 30 mense geëis het. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê die aanvalle beklemtoon die behoefte aan beter misdaadvoorkoming, groter sigbare wetstoepassing en doeltreffende ondersoeke wat tot suksesvolle vervolgings lei:
# Die Gautengse polisie het ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat ‘n 23-jarige vrou vanoggend in Mapungubwe-straat in Tembisa doodgeskiet is. Sy was op pad werk toe toe sy tydens ‘n beweerde rooftog om die lewe gebring is. Haar besittings is gesteel. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die slagoffer is geïdentifiseer:
# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê Suid-Afrika moet aandag gee aan die nalatenskap van apartheid se ruimtelike beplanning wat baie lae-inkomstehuishoudings ver van indiensnemingsgeleenthede, gehalte-dienste en doeltreffende vervoer laat. Sy sê goed geleë grond, digter en gemengde gebruik-ontwikkelings, opknapping van townships, middestad-herlewing en vervoer is belangrike aspekte van ruimtelike hervorming. Simelane sê die regering moet ʼn wyer reeks behuisingsgeleenthede verskaf om aan verskillende behoeftes te voldoen.
# Tennis: Span Europa het sy sesde Laverbeker-titel ingepalm met ‘n sege van 13-5 oor Span Wêreld in die O2-arena in Londen. Flavio Cobolli en Jakub Mensik het Europa gister op die voorvoet geplaas met ‘n oorwinning oor Alex de Minaur en Taylor Fritz voor die tweemalige Grand Slam-kampioen, Alexander Zverev, die oorwinning beklink het deur Learner Tien te klop. Dit is Yannick Noah se eerste Laverbeker-titel as kaptein nadat hulle verlede jaar in San Francisco teen Andre Agassi se Span Wêreld verloor het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-39-sent teen die dollar, 18-rand-66-sent teen die euro en 21-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-819-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-147-dollar-74-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 104-dollar-28-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….