Nuus 11:00
BULLETIN 22 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Lamola sê aanvalle op internasionale reg en multilateralisme is deel van ‘n groter krisis wat die mensdom bedreig
# Meer as 17-duisend verdagtes, insluitend twee vermeende reeksverkragters, is in die landwye Operasie Shanela in hegtenis geneem
# En rugby: Die Wallabies gryp die uitdaging aan om teen die Springbokke te speel
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika se eie stryd bewys die belofte van die Verenigde Nasies se handves en die moontlikhede van ‘n multilaterale stelsel. Hy het die handves se viering in New York aangebied. Lamola sê die huidige aanvalle op internasionale reg en multilateralisme is deel van ʼn groter krisis wat die mensdom ondervind. Hy glo die globale finansiële argitektuur bevoordeel steeds ryk lande:
# Business Leadership South Africa sê die Wet op die Staatsdienskommissie wat verlede week bekragtig is, verteenwoordig ʼn aansienlike verandering aan die reëls wat die Staatsdiens beheer. Die wet verbreed die omvang van die kommissie se werk om munisipaliteite in te sluit, en laat dit toe om op te tree teen bestuursmislukkings wat lei tot swak dienslewering, korrupsie en twyfelagtige aanstellings. BLSA se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê die wetgewing beteken nie doeltreffendheid nie, aangesien die kommissie nie sy uitgebreide mandaat met sy huidige begroting kan uitvoer nie.
# Die polisie het sy pogings verskerp om mense op te spoor wat die veiligheid en sekerheid van vroue, kinders en ander kwesbare persone bedreig. Dit volg op die onlangse moord op nege vroue in Ekurhuleni, Gauteng. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê 17-duisend-270 verdagtes is tussen 14 en 20 September tydens Operasie Shanela Twee aangekeer vir verskeie misdrywe, insluitend moord en dwelmhandel. Sy sê twee vermeende reeksverkragters word in KwaZulu-Natal aangehou:
Nuus uit die buiteland:
# Die G7-ministers van Buitelandse Sake het Iran versoek om militêre steun aan Houthi-magte in Jemen te beëindig, en sê die gevaarlike patroon van toenemende risiko’s ondermyn internasionale handel en skep wêreldwye onbestendigheid. Volgens die Verenigde Nasies het vyandelikhede in Jemen sedert die begin van die maand minstens 125-duisend mense ontheem. Die ministers van Brittanje, Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Japan en Amerika het die Houthi’s in ‘n gesamentlike verklaring versoek om onmiddellik alle militêre optrede en aanvalle teen burgerlike skepe te staak.
# Rugby: Die Wallabie-flank Carlo Tizzano sê ‘n wedstryd teen die Springbokke is die belangrikste toets, maar hulle is gereed daarvoor. Australië het die nuweling Harry McLaughlin-Phillips ingesluit in die groep vir Sondag se eenmalige toets teen die wêreldkampioen op die Optus-stadion in Perth. Die Bokke het Australië 30-12 geklop tydens hul vorige besoek aan die stad in 2024. Tizzano sê hulle sal beter moet vaar as teen Argentinië vroeër die maand:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-27-sent teen die dollar, 18-rand-65-sent teen die euro en 21-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 85-duisend-342-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-318-dollar-64-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 102-dollar-61-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….