Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 Februarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die hof beveel die polisie en die Valke om hulle werk te doen in die Interkaap-geweldsaak
# SAFTU ondersteun die Mededingingskommissie se appèl oor diemanipulasie van die rand
# En, krieket: Die Proteas Vroue maak geskiedenis teen Australië
# Die Hooggeregshof in die Oos-Kaap het die polisie en die Valke opdrag gegee om hulle grondwetlike verpligting na te kom om misdaad wat teen die Interkaap-busdiens gepleeg word, asook sy bestuurders en die reisende publiek, te ondersoek en te voorkom. Die uitspraak is na aanleiding van 165 klagte van geweld en intimidasie, hoewel geen arrestasies al uitgevoer is nie. Interkaap beskuldig die taxi-bedryf daarvan dat hulle hom uit sommige dele van die land wil verdryf. Die maatskappy sê dit hoop die polisie en die Valke sal hulle grondwetlike verpligting nakom om wet en orde af te dwing, soos deur die hof beveel.
# SAFTU ondersteun die Mededingingskommissie se appèl na die Konstitusionele Hof oor die manipulering van die rand/dollar-wisselkoers tussen 2007 en 2013. Die Mededingings-appèlhof het vroeër die kommissie se saak van die hand gewys weens onvoldoende bewyse van ‘n gekoördineerde sameswering. Die kommissie se appèl fokus op 13 banke, insluitend tien internasionale banke. SAFTU se woordvoerder, Trevor Shaku, glo alle betrokke banke moet aanspreeklik gehou word:
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die stad is gereed om saam met die nasionale regering die afwenteling van passasierstreine te versnel. Die burgemeester sê president Cyril Ramaphosa het belowe die afwentelingsplan vir spoorvervoer sou verlede jaar gereed wees, maar daar is nog niks. Hill-Lewis sê die haalbaarheidstudie toon families met ‘n lae inkomste kan met doeltreffende treine jaarliks 932-miljoen-rand bespaar:
# Hamas het ‘n 135-dae wapenstilstand in Gaza voorgestel, met die volledige onttrekking van Israeliese magte. Dit is die militante organisasie se reaksie op ‘n skietstilstand-aanbod deur Israel, wat verlede week deur Katari en Egiptiese bemiddelaars saamgestel is en deur Amerika gesteun is. Hamas stel ook die vrylating van alle gyselaars voor, ‘n ooreenkoms om die oorlog te beëindig en die begin van die herbouing van die strook. Reuters berig daar was geen onmiddellike openbare reaksie van Israel nie, nadat hy vroeër gesê het hy sal in Gaza aanbly tot Hamas uitgewis is.
# Krieket: Suid-Afrika se vroue krieketspan het Australië in Sydney vir die eerste keer in ‘n eendagwedstryd verslaan. Die Proteas het die gasvroue hulle derde grootste nederlaag in ‘n eendagwedstryd toegedien. Dit was Australië se eerste tuisnederlaag sedert 2017 en slegs die tweede keer dat hulle sedert Maart 2009 op tuisbodem verloor nadat hulle tweede kolf. Die speler van die wedstryd, Marizanne Kapp, het 75 lopies aangeteken en ook drie paaltjies laat kantel om die oorwinning met 84-lopies te beklink volgens Duckworth-Lewis-Stern. Die reeks van drie wedstryde is nou gelykop op 1-elk.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-88-sent teen die dollar, 20-rand-34-sent teen die euro en 23-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 43-duisend-93-dollar-50-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-36-dollar-29-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 78-dollar-90-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….