Nuus 09:00
BULLETIN 21 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die African Editors Forum vra die Djiboeti-owerhede vir inligting oor Micah Reddy
# Die Gautengse polisie ondersoek die ontdekking van ‘n vrou se liggaam in Soweto
# Die Duitse kanselier bly onversetlik ten spyte van voorspellings dat sy party twee deelstaatverkiesings gaan verloor
# Die African Editors Forum is bekommerd oor die verdwyning van die Suid-Afrikaanse ondersoekende joernalis Micah Reddy en sy plaaslike gids en fasiliteerder, Kooki Mahmoud, terwyl hulle in Djiboeti, Oos-Afrika, was. Die twee is Saterdag omstreeks middagete laas gesien. Reddy is die Afrika-koördineerder by die Internasionale Konsortium van Ondersoekende Joernaliste. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het bevestig dat hy van die saak bewus is. Die forum se sekretaris-generaal, Sbu Ngalwa, sê hulle vra duidelikheid van die owerhede in Djiboeti oor waar Reddy en Mahmoud hulle bevind:
# Die Inter-ministeriële Komitee oor Geslagsgeweld en Vrouemoord het ‘n omvattende strategie goedgekeur om die oortreders agter die moord op nege vroue in Ekurhuleni, Gauteng, vinnig voor die gereg te bring. Drie persone van belang is aangekeer vir ondervraging, terwyl die polisie probeer vasstel of al die moorde met mekaar verband hou. Die minister in die Presidensie vir Vroue, die Jeug en Gestremde Persone, Sindisiwe Chikunga, waarsku mense om voortdurend met vroulike familielede in die metro kontak te hou:
# Die Gautengse polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek begin nadat die liggaam van ‘n vrou gisteraand in Soweto gevind is. Die liggaam was in ‘n duvet toegedraai en is in ‘n dam by Moroka gevind. Dit is nog onduidelik of daar ‘n verband is met die reeks moorde in Ekurhuleni. Polisiewoordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê die slagoffer was waarskynlik in haar twintigs, en die omstandighede rondom die voorval is nog onbekend:
# Die Duitse kanselier, Friedrich Merz, sê hy sal nie bedank nie, al toon meningsopnames dat sy party, die sentrum-regse Christen Demokratiese Unie, in twee plaaslike verkiesings groot nederlae kan ly. Die verregse Alternatief vir Duitsland sal na verwagting die noordoostelike staat, Mecklenburg-Vorpommern, met 38-persent wen. In die ander verkiesing loop die linkse Die Linke-party in Berlyn voor met 26-persent. Merz noem die opname ʼn ramp vir sy party, maar beklemtoon dat hervorming om Duitsland se ekonomiese kwessies en diepe verdeeldheid aan te spreek, nou noodsaaklik is.
# Sokker: Real Madrid-afrigter José Mourinho het wedstrydbeamptes gekritiseer en sê hulle kon nie die druk hanteer nie, nadat sy span met 2-1 teen Atlético Madrid in La Liga verloor het. Hy meen Atlético moes in die eerste helfte twee rooi kaarte gekry het: een vir verdediger Cristian Romero wat op Jude Bellingham getrap het, en ‘n tweede vir ‘n oortreding deur Lee Kang-in teen Fede Valverde. Mourinho sê skeidsregter Miguel Angel Ortiz Arias het geen ervaring om ‘n derby te behartig nie. Madrid is nou ses punte agter die voorloper, Barcelona, met sewe wedstryde reeds gespeel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-22-sent teen die dollar, 18-rand-61-sent teen die euro en 21-rand-70-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-257-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-364-dollar per fynons en die prys van Brent ruolie 102-dollar-43-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….