Nuus 11:00
BULLETIN 18 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Lamola is in Amerika dae nadat die Trump-administrasie nuwe visumbeperkings aankondig
# Nege-en-veertig mense sterf in Nigerië nadat hulle ’n alkohol-brousel drink wat vermoedelik metanol bevat
# En rugby: Die Springbok-vrouespan wil vanaand ‘n sterk vertoning lewer teen Wallis in Cardiff
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, is op ‘n werkbesoek aan Amerika waar hy ‘n reeks afsprake in Washington het voor die 81ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York. Sy besoek volg net dae nadat die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, nuwe visumbeperkings aangekondig het vir Suid-Afrikaners wat beskuldig word van rassediskriminasie en beslaglegging op grond sonder vergoeding. Lamola, wat Washington se aantygings verwerp, gaan die Swart Koukus-stigting van die Kongres bywoon en verskeie hoflikheidsgesprekke hê met kongreslede.
# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die ad hoc-komitee gewaarsku om nie van sy mandaat af te wyk nie, sy werk af te handel en sy verslag voor te lê. Die komitee ondersoek beweerde korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel en het verlede week sy sesde uitstel verkry. Didiza sê hy hoef nie oor alles saam te stem nie, maar meningsverskille kan in die verslag vermeld word:
# Die ANC-vroueliga sê daar is ‘n behoefte aan eenheid en gesamentlike optrede ná die toenemende aantal vroue wat in Ekurhuleni, Gauteng, vermoor is. Die liga sê die moorde volg ‘n kommerwekkende patroon en het vrese laat ontstaan dat ’n reeksmoordenaar betrokke kan wees. Sekretaris-generaal Nokuthula Nqaba vir ‘n enkele, inklusiewe nasionale gedenkdiens om die slagoffers te vereer en hul gesinne en gemeenskappe te ondersteun:
# Vyftien mense is in die suidelike Nigeriese staat Ondo aangekeer na die dood van 49 mense wat ‘n plaaslik-vervaardigde alkohol-brousel gedrink het wat vermoedelik metanol bevat. Altesaam 182 mense is moontlik geraak. Die staat se Gesondheidskommissaris, Banji Ajaka, sê owerhede het waarneming en kontak-opsporing verskerp om die bron van die giftige brousel op te spoor. Nigerië se Nasionale Agentskap vir Administrasie en Beheer van Voedsel en Drank het ʼn landwye verbod geplaas op alkohol in sakkies en klein plastiek bottels.
# Rugby: Die kaptein van die Springbok-vrouespan, Babalwa Latsha, sê hul wedstrydplan sal die sleutel wees om Wallis vanaand te klop in hul eerste W-15-wêreldreekswedstryd op Cardiff Arms Park. Die twee lande het al agt keer teen mekaar gespeel en Wallis het ses keer gewen, insluitend in 2014 se Wêreldbekertoernooi. Latsha sê hulle het ‘n spesifieke plan en manier waarop hulle wil speel om Wallis se verwagte skopaanslag teen te staan:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-22-sent teen die dollar, 18-rand-63-sent teen die euro en 21-rand-69-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-642-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-392-dollar-28-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 103-dollar-90-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….