Nuus 09:00
BULLETIN 17 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU is bekommerd oor die VSA se ongegronde bewerings teen Suid-Afrika
# POPCRU doen ‘n beroep op ‘n besliste nasionale reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord
# En Fidji verklaar MIV tot ‘n nasionale krisis
Die vakverbond COSATU sê hy is bekommerd oor die nuwe visumbeperkings wat Amerika ingestel het teen mense wat hy beskuldig van betrokkenheid by rassediskriminasie en grond-oornames sonder vergoeding in Suid-Afrika. Die beperkings is ingestel weens beleid soos swart ekonomiese bemagtiging en grondonteiening sonder vergoeding. COSATU-woordvoerder Matthew Parks sê Amerika se bewerings teen Suid-Afrika is volgens hom feitelik ongegrond. Hy sê die land is ‘n soewereine nasie wat volgens sy Grondwet regeer word:
# Die Mining Affected Communities United in Action het president Cyril Ramaphosa versoek om nie die Nasionale Polisiekommissaris. Fannie Masemola, se skorsing op te hef nie al is die strafregtelike klagtes teen hom teruggetrek. Hy het vier aanklagte onder die Wet op Openbare Finansiële Bestuur in die gesig gestaar weens die onwettige toestaan van ‘n tender van 228-miljoen-rand aan Medicare24. Christopher Rutledge van die organisasie sê Masemola se skorsing moet eers opgehef word nadat die Madlanga-Kommissie sy oorweging van die tender afgehandel het:
# Die polisie- en gevangenisvakbond, POPCRU, het die gewelddadige moord op vroue reg oor Suid-Afrika sterk veroordeel en eis besliste en dringende nasionale reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord. Dit volg op die ontdekking van die liggame van agt vroue in verskillende dele van Ekurhuleni die afgelope twee maande. Die woordvoerder van POPCRU, Richard Mamabolo, sê Suid-Afrika kan nie ‘n situasie aanvaar waar vroue aangerand, verkrag, vermoor en verwerp word asof hul lewens niks werd is nie:
# Fidji het ʼn nasionale MIV-noodtoestand afgekondig. Tans leef een uit elke 60 mense met die virus, terwyl nuwe gevalle skerp styg. Vyf jaar gelede was die syfer een in 167. Volgens UNAIDS was slegs 39-persent van die geraamde nege-duisend-100 mense in Fidji wat in 2025 MIV-positief was, bewus van hul status en slegs 22-persent het antiretrovirale behandeling ontvang. Tussen 2010 en 2025 het die nuwe gevalle twaalfvoudig toegeneem. Fidji se Gesondheidsministerie sê die verklaring erken die erns van die epidemie en dat ʼn gekoördineerde reaksie dringend nodig is.
# Motorsport: Monaco sal volgende jaar ook ‘n Formule Een-naelren aanbied, wat die totaal op tien te staan bring. Die beheerliggaam, F-I-A, het die kalender vir 2027 bevestig, met 24 Grand Prix-wedrenne wat in 22 lande gehou sal word. Die Europese skof sluit die terugkeer van die Portugese wedren in Junie in, terwyl Turkye in Oktober weer by die kalender ingesluit word en die Nederlandse Grand Prix wat van die lys geskrap is. Die seisoen begin op 12 Maart in Bahrein en eindig op 10 Desember in Abu Dhabi.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-34-sent teen die dollar, 18-rand-73-sent teen die euro en 21-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 76-duisend-150-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-291-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 107-dollar per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….