Nuus 17:00
BULLETIN 15 September 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Madlanga-kommissie hoor van beweerde JMPD-inmenging in ‘n dwelmjaagtog
# Action Society waarsku die vertragings met forensiese DNS-toetse kan meer vroue in gevaar stel
# En, tennis: die Laverbeker begin die 25ste in Londen
# Die Madlanga-kommissie het getuienis aangehoor oor die beweerde inmenging in ‘n operasie deur die Taktiese Reaksie-eenheid wat ‘n voertuig met dwelms daarin agternagesit het. Die Johannesburgse Metropolisie se hoof van Interne Sake, Elmarie de Beer, het getuig lede het ‘n swart Ford Ranger agternagesit en die polisie en lugbystands-dienste om hulp genader. Sy sê hul is egter na bewering deur superintendent Phineas Manyama beveel om die agtervolging te staak:
De Beer, het voorts getuig sekere informante wat met JMPD-lede verbind word, word moontlik gebruik om misdadige bedrywighede te ondersteun. Sy sê hulle is nie konvensionele informante wat die polisie help om misdaad te bekamp nie. Volgens de Beer is van dié persone burgerlikes wat vir geteikende ondernemings werk of voor sakepersele geplaas word om bedrywighede dop te hou:
# Action Society sê vertragings in die verwerking van forensiese bewyse kan die polisie verhoed om gewoontemisdadigers te identifiseer en verdere moorde te keer. Die waarskuwing volg nadat die liggame van ses vroue binne bykans twee maande in die Kemptonpark-gebied gevind is. Juanita du Preez van die organisasie sê die gevalle toon kommerwekkende ooreenkomste, maar die polisie het nie die moorde met mekaar verbind nie. Du Preez dring aan DNS-bewyse moet vinnig verwerk word en teen die nasionale databasis gekontroleer word:
# Tennis: Die volgende groot toernooi op die beroeps-mansalmanak, die Laverbekertoernooi, begin die 25ste in Londen. Span Wêreld is die verdedigende kampioen nadat hy Span Europa verlede jaar verslaan het. Die wêreld-nommer-twee, Alexander Zverev van Duitsland, lei vanjaar Europa se aanslag saam met die Spanjaarde Carlos Alcaraz en Rafael Jodar, die Italianer Flavio Cobolli, die Noorweër Casper Ruud en die Tsjeg Jakub Mensik. Die Wêreldspan word verteenwoordig deur die Amerikaners Ben Shelton, Taylor Fritz en Learner Tien, Alexander Bublik van Kazakstan, die Argentyn Francisco Cerundulo en die Australiër Alex de Minaur.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-23-sent teen die dollar, 18-rand-74-sent teen die euro en 21-rand-88-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 76-duisend-922-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-287-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 107-dollar-13-sent per vat.
# En laastens, die adjunkpresident Paul Mashatile sê sy herstel vorder goed ná ‘n onlangse klein operasie. Mashatile sê hy herwin daagliks sy kragte. Hy sê intussen gaan werk in sy kantoor voort, met toegewese verantwoordelikhede wat in samewerking met rolspelers in die regering en sakewêreld hanteer word. Mashatile het sy gesin, mediese span, kollegas in die regering en die ANC, president Cyril Ramaphosa en alle Suid-Afrikaners bedank vir hul boodskappe van ondersteuning.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….