Nuus 07:00
BULLETIN 15 September 7 vm
Goeiemôre Ek is……..
In die bulletin:
# Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag sê korrupsie en wanadministrasie is steeds groot bedreigings
# Die nasionale COSATU-kongres word vertraag weens geskille oor geloofsbriewe en leierskapkwessies
# En die Gautengse Komitee vir Gemeenskapsveiligheid vra die publiek vir hulp om die Kemptonpark-moorde op te los
# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Advokaat Andy Mothibi, sê korrupsie is nie net ‘n misdaad nie, maar herlei openbare hulpbronne, verswak instellings en dienslewering, verdiep ongelykheid en ondermyn vertroue in demokrasie. Hy het Maandag die 19de jaarlikse Afrika-konferensie en -uitstalling toegespreek, en beklemtoon die verantwoordelikheid vir die bestryding van korrupsie berus nie uitsluitlik by wetstoepassingsagentskappe nie. Mothibi het ook gewaarsku dat georganiseerde misdaad toenemend gesofistikeerd raak, met misdadigers wat tegnologie, professionele netwerke en oorgrens-bedrywighede aanwend.
# Die vakbondfederasie COSATU se nasionale verkiesingskongres in Midrand, Gauteng, het gister in chaos verval weens geskille oor geloofsbriewe en die posisie van die federasie se adjunkpresident, Mike Shingange. Sommige geaffilieerde vakbonde, waaronder die Nasionale Mynwerkersvakbond, het geweier om hul lyste van afgevaardigdes vir die konferensie te oorhandig en aangedring op duidelikheid rondom Shingange se status as president van nasionale werkersvakbond NEHAWU. Shingange het aan die SABC gesê hy is vol vertroue dat ‘n kompromie bereik sal word:
# Die Madlanga-kommissie hervat vandag sy openbare verhore ná ‘n kort reses. Die kommissie verskuif nou sy fokus na die Johannesburgse Metropolitaanse Polisiedepartement, een van die wetstoepassingsagentskappe wat in sy opdrag geïdentifiseer is. Woordvoerder Jeremy Michaels sê die kommissie sal getuienis aanhoor oor die infiltrasie van die JMPD deur misdaadnetwerke, en heimlike samewerking tussen metropolisie-beamptes en misdaadsindikate. ‘n Senior JMPD-beampte, wat nog nie geïdentifiseer is nie, sal vandag getuig.
# Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het gewaarsku teen bespiegeling dat die moorde op vyf vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni, dalk met ‘n moontlike reeksmoordenaar verband hou. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê daar is in die stadium geen bevestigde bewyse dat die gevalle met mekaar verbind kan word nie. Masuku het die publiek versoek om gerugte te vermy wat die polisie-ondersoek kan belemmer of onnodige paniek kan veroorsaak:
# New York lei ‘n koalisie van 21 ander state en die Distrik van Columbia in ‘n regsgeding teen die administrasie van president Donald Trump oor ‘n nuwe beleid wat immigrasiebeamptes in staat sal stel om immigrante te straf vir die wettige gebruik van openbare voordele. Die reëlverandering sal dit waarskynlik vir baie immigrante moeiliker maak om permanente verblyf te kry indien hulle openbare voordele soos voedselbewyse of Medicaid gebruik het, of moet gebruik. Die burgemeester van New York, Zohran Mamdani, het die beleid as onwettig en wreed bestempel:
# Krieket: Die Protea-vroue kan die T20-reeks van vyf wedstryde teen Zimbabwe vandag in Bulawayo beklink. Suid-Afrika het Vrydag se eerste kragmeting met ses paaltjies gewen nadat die buurland uitgeboul is vir net 116. Anneke Bosch het die besoekers se kolfbeurt gelei en hulle het die teiken binne 14 boulbeurte bereik. Suid-Afrika het Sondag 193 vir drie aangeteken danksy Bosch se 65, en Zimbabwe tot 129 vir sewe beperk nadat Seshnie Naidu drie paaltjies geneem het. Die voorlaaste wedstryd vind Donderdag plaas en die laaste een Saterdag.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-26-sent teen die dollar, 18-rand-76-sent teen die euro en 21-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-964-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-299-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 108-dollar-41-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….