Nuus 17:00
BULLETIN 14 September 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU se vyftiende Nasionale Kongres pak werkers se uitdagings aan
# President Cyril Ramaphosa beveel ‘n SOE-ondersoek na North West Transport
# En, Sokker: SAFA steun FIFA-president Gianni Infantino voor die 2027 verkiesing
# COSATU hou sy 15de Nasionale Kongres in Midrand, Gauteng, waar afgevaardigdes die werkers se prestasies en voortgesette ekonomiese uitdagings bespreek. Die vakbondfederasie se woordvoerder, Zanele Sabela, sê werkloosheid, afdankings, sukkelende munisipaliteite, die nasionale minimum loon en die tweepot-aftreestelsel sal op die vierdaagse byeenkoms bespreek word. Afgevaardigdes sal ook debatte voer oor die herbou van die drieparty-alliansie en die verkiesing van nuwe COSATU-leierskap:
# President Cyril Ramaphosa het die Spesiale Ondersoekeenheid gemagtig om bewerings van korrupsie, wanadministrasie en onreëlmatige uitgawes by North West Transport Investments te ondersoek. Dit dek ook sy filiale, North West Star en Atteridgeville Bus Service. Ondersoekers sal verkryging, kontrakte en betalings met betrekking tot brandstofvoorrade, voertuighuur en pendelbusdienste ondersoek. Die Ondersoekeenheid sal ook eise ondersoek wat ingedien is deur Tansanat Coachlines Limited, en Ziggy Investments, wat deur sakeman Suliman Carrim besit en bestuur word, en hul gesamentlike onderneming. Die ondersoek sal vasstel of amptenare onbehoorlike voordele ontvang het.
# Rise Mzansi vra die polisie om die sterftes van vyf vroue oor die afgelope twee maande in Kemptonpark, Gauteng, dringend en deursigtig te ondersoek. Die party het sy medelye met die gesinne betuig en sê die polisie en ander owerhede moet die publiek ingelig hou. Makashule Gana van Rise Mzansi vra mense om na vore te kom met enige inligting wat die polisie in sy ondersoek kan help:
# Die Kremlin sê Rusland teiken nie doelbewus Europese diplomate in Oekraïne nie nadat ‘n trein met die voormalige Britse eerste minister, Boris Johnson, deur ‘n gebied gereis het wat deur ‘n Russiese hommeltuig getref is. Woordvoerder Dmitri Peskof sê Russiese magte rig hul aanvalle op militêre infrastruktuur en ontken die aanval was op diplomate gemik. Oekraïnse amptenare meen die trein waarop die Europese afvaardiging gereis het, kon die teiken gewees het. Die aanval is kommerwekkend omdat dit naby Oekraïne se grens met die NAVO-lidstaat Pole plaasgevind het.
# Sokker: Die pas-herverkose president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, sê hulle steun FIFA se president, Gianni Infantino, voor die verkiesing in Maart volgende jaar. Infantino het onder skoot gekom oor sy mislukte plan om aandele in die Wêreldbekertoernooi aan privaat beleggers te verkoop. Die Europese liggaam UEFA is besig met strafregtelike stappe teen Infantino weens beweerde misdadige wanbestuur. Jordaan sê daar is privaat belegging of privaat kapitaal in enige sokkerstruktuur:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-32-sent teen die dollar, 18-rand-82-sent teen die euro en 21-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-660-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-271-dollar-77-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 110-dollar-44-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….