Nuus 15:00
BULLETIN 10 September 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Verenigde Nasies se plaaslike koördineerder sê Suid-Afrika moet sy beleidsplanne in werk omskep
# Rusland se nuwe straalaangedrewe hommeltuie oortref Oekraïne se lugverdediging
# En rugby: Etzebeth kan nie wag om die reeks teen die All Blacks in Baltimore te beklink nie
# Die Verenigde Nasies se inwonende koördineerder in Suid-Afrika, Nelson Muffuh, sê die land ondervind ‘n kritieke uitdaging om ambisieuse ontwikkelingsplanne in werklike gevolge te omskep. Hy het aan die SABC gesê Suid-Afrika het ‘n sterk grondslag ten opsigte van beleide, hervormings en vennootskappe, maar inwerkingstelling is noodsaaklik. Werkloosheid van 33,6-persent en ekonomiese groei van slegs 1,1-persent beteken dringende optrede is nodig om werk te skep en ongelykheid te verminder. Muffah sê verbeterde elektrisiteitsbestendigheid en strukturele hervormings bied versigtige optimisme, maar lewering moet nou ooreenstem met ambisie.
# Korrektiewe Dienste het bevestig ‘n gevangene wat uit die Rooigrond Maksimum Korrektiewe Sentrum in Noordwes ontsnap het, is binne 72-uur aangekeer deur die departement en wetstoepassingsagentskappe. Nasionale kommissaris Makgothi Thobakgale sê Edward Madiba dien ‘n vonnis van 20-jaar uit vir roof, die onwettige besit van ‘n vuurwapen, ontvoering en die oortreding van sy paroolvoorwaardes. Hy sê misleidende voorwerpe is op die toneel geplaas in ‘n poging om ondersoekers te mislei:
# Die DA sê die ANC-geleide regering van Tshwane vier sogenaamde finansiële herstel, gegrond op ongeouditeerde finansiële state wat nie geopenbaar is nie. Woordvoerder Jacqui Uys sê brandweer-voertuie is weens wanbetaling teruggeneem, terwyl waterlekkasies skerp toeneem en waterverlies op 48-persent staan. Sy sê inwoners beleef nie finansiële herstel deur ongeouditeerde sigblaaie nie, maar wanneer daar genoeg geld is om verskaffers te betaal, noodsaaklike dienste te lewer en stukkende infrastruktuur reg te maak:
Nuus uit die buiteland:
# Rusland maak toenemend gebruik van vinniger, straalaangedrewe hommeltuie om teikens in Oekraïne aan te val. Oekraïne se Weermag het aan die BBC gesê die aantal aanvalle met straalaangedrewe hommeltuie het toegeneem van 350 in Junie tot een-duisend-600 in Julie en twee-duisend-800 in Augustus. Dit vlieg teen meer as 480-kilometer per uur, aansienlik vinniger as die ouer skroef-aangedrewe modelle en meer as die topspoed van Kiëf se onderskeppings-vermoë. Die Oekraïnse president, Volodimir Zelenski, sê dis gebruik in aanvalle op 1 September waarin minstens 12 mense dood en 20 beseer is.
# Rugby: Die Springbok-slot Eben Etzebeth sê Saterdag se vierde en laast toets teen die All Blacks in Baltimore gaan ‘n riller-stryd wees, want hulle wil die reeks drie-een beklink. ‘n Nederlaag sal dit gelykop laat eindig. Die 34-jarige Etzebeth sal sy rekord vir die meeste Springbok-toetse tot 146 verhoog. Hy kan nie wag vir die geleentheid om die reeks te wen nie, maar besef dit gaan ‘n taai stryd wees:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-10-sent teen die dollar, 18-rand-71-sent teen die euro en 21-rand-79-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-968-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-381-dollar-60-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 103-dollar-78-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….