Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 10 September 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin met rugby: Die Springbok-slot Eben Etzebeth sê Saterdag se vierde en laast toets teen die All Blacks in Baltimore gaan ‘n riller-stryd wees, want hulle wil die reeks drie-een beklink. ‘n Nederlaag sal dit gelykop laat eindig. Die 34-jarige Etzebeth sal sy rekord vir die meeste Springbok-toetse tot 146 verhoog. Hy kan nie wag vir die geleentheid om die reeks te wen nie, maar besef dit gaan ‘n taai stryd wees:
# Krieket: Die top-orde-kolwer, Jordan Hermann, het beïndruk in sy eerste wedstryd toe Suid-Afrika Namibië met 99 lopies verslaan het volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode in die eerste eendagwedstryd in Windhoek. Hermann het 150 lopies van 126 balle aangeteken, wat die rekord vir die hoogste telling in ‘n eerste eendag-internasionale wedstryd ewenaar. Hy het ‘n tweede-paaltjie-vennootskap van 190 met Tony de Zorzi gedeel, wat die Proteas tot 348 vir ses geneem het. Namibië is beperk tot 162 vir agt. Die tweede van die drie kragmetings word môre gespeel.
Nog krieket: Die Protea-vroue gaan van môre die heel eerste keer ‘n T20-reeks teen Zimbabwe speel. Al vyf wedstryde word op die Queen’s-sportklub in Bulawayo beslis. Suid-Afrika se kaptein, Laura Wolvaardt, is opgewonde oor die vooruitsig om ‘n ander Afrika-land op senior internasionale vlak te pak. Sy, Annerie Dercksen, Karabo Meso en Kayla Reyneke is die enigste gereelde spelers in die groep, terwyl die nuwelinge Caitlin Wyngaard, Luyanda Nzuza, Nthabiseng Nini en Jae-Leigh Filander hulle buiging vir Suid-Afrika kan maak.
# Atletiek: Die Statebond-kampioen, Sinesipho Dambile, lei Suid-Afrika se span in die naweek se eerste Wêreldatletiek-Ultimate kampioenskap in Boedapest, Hongarye. Hy sal aan die mans-100-meter deelneem saam met Akani Simbine en Gift Leotlela, terwyl Zakithi Nene aan die mans-400-meter sal deelneem. Prudence Sekgodiso sal wegspring in die vroue-800-meter en Marioné Fourie in die vroue-100-meter-hekkies. Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, sê die jaar se beste presteerders sal meeding:
# En tennis: Die tweemalige Grand Slam-kampioen, Elena Rybakina van Kazakstan, vervang Aryna Sabalenka van Belarus Maandag as die wêreld-nommer-een nadat sy die Amerikaanse Ope se halfeindronde gehaal het. Sy het die Chinese kwalifiseerder Zheng Qinwen verslaan en speel nou teen die Amerikaner Coco Gauff, wat Mirra Andreeva van Rusland geklop het. Die topgekeurde man, Alexander Zverev van Duitsland, pak die Rus Karen Khachanov in die halfeindronde. Zverev het die Nederlander Botic van de Zandschulp verslaan en Khachanov is deur na die Belg Alexander Blockx weens ‘n besering moes onttrek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….