Nuus 08:00
BULLETIN 10 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Ampsklagkomitee gaan die EFF se geding oor die getuienisleier teenstaan
# Die polisie ontwrig die netwerke wat dwelms vervaardig, vervoer en versprei
# En ‘n Filippynse veerboot slaan aan die brand en laat vyf slagoffers en 87 vermistes
# Die Ampsklagkomitee het gestem om die EFF se geding in die Wes-Kaapse Hooggeregshof teen te staan. Die saak gaan oor sy besluit om advokaat Thandazani Madonsela se aanbeveling as getuienisleier te herroep. Die African Legal Professionals Association het ‘n soortgelyke regsuitdaging ingedien. Negentien komiteelede het gestem dat die saak teengestaan word, terwyl nege teen die mosie gestem het. Omphile Maotwe van die EFF sê die komitee se herroeping van die besluit plaas die Parlement se magte en besluitneming in gevaar:
# Die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy, ACSA, sê hy volg ʼn strategie met vier pilare: uitbreiding, modernisering, mededingendheid en globale posisionering. Die maatskappy het in die 2025/2026-boekjaar goed presteer met passasiersgetalle op 98-persent van dié voor Covid-19, en ʼn 8,5-persent toename op ʼn jaarbasis. ACSA se waarnemende hoof, Charles Shilowa, sê hulle sal die passasier-mobiliseringsprogram bekendstel om meer mense aan te moedig om lughawens te besoek, selfs wanneer hulle nie reis nie:
# Die polisie se nasionale adjunkkommissaris, Tebello Mosikili, sê die polisie verskerp hul stryd teen georganiseerde dwelmnetwerke deur toe te slaan op eiendomme wat gebruik word om onwettige bedrywighede te verberg. Twee buitelanders is gister gearresteer ná die ontdekking van ʼn mandrax-laboratorium in Erasmia, wes van Pretoria. Sowat 800-duisend mandrax-tablette is in die laboratorium vervaardig. Mosikili sê die polisie sal voortgaan om saam met die Valke en ander wetstoepassers te werk om misdaadnetwerke te identifiseer en te vernietig:
# Minstens vyf mense is dood en 87 word vermis nadat ʼn brand op ʼn veerboot in die Filippyne uitgebreek het. Die MV June Aster het met 134 passasiers en bemanning uit die Manila-hawe vertrek en suidwaarts na Coron in die toeriste-provinsie Palawan gevaar toe die brand uitbreek. Kaptein Noemi Cayabyab van die Filippynse kuswag sê nooddiens-spanne het 42 oorlewendes, wat 38 passasiers en vier bemanningslede insluit, veilig uit die gebied verwyder. Die oorsaak van die brand word ondersoek.
# Sokker: Paris St-Germain het die verdediging van sy Kampioeneliga-titel goed begin met ‘n oorwinning van 6-1 oor Slovan Bratislava. Die Spaanse Wêreldbekerwenner Ferran Torres het ‘n driekuns behaal met PSG wat gaan probeer om die kompetisie vir die derde agtereenvolgende keer te wen. Martin Ødegaard se doel in die 75ste minuut het verlede jaar se naaswenner Arsenal in ‘n harde stryd met 1-0 teen Napoli laat wen. Die vyfmalige kampioen Barcelona het Feyenoord met 5-1 verslaan, met Raphinha wat twee doele aangeteken het. Liverpool het van agter af ingehaal om Atlético Madrid met 2-1 te klop. Sporting en Stuttgart het ook gewen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-4-sent teen die dollar, 18-rand-66-sent teen die euro en 21-rand-74-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-325-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-408-dollar-39-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 102-dollar-69-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….