Nuus 11:00
BULLETIN 1 September 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Business Leadership South Africa sê die land het ’n samehangende handelstrategie nodig
# Nepal begin met massabegrafnisse vir ongeïdentifiseerde vloedslagoffers
# En rugby: Erasmus is gefrustreerd oor die gesprek rondom die Springbokke se skrums
# Business Leadership South Africa sê die land moet ‘n handelstrategie volg wat gebou is op die ontleding van waar dit kan meeding en nie op vooruitsigte van spitsberade nie. Die regering het onlangs sy strategiese vennootskap met Brasilië herbevestig met die hoop om ekonomiese bande te versterk. Suid-Afrika het in 2025 goedere ter waarde van 5,2-miljard-rand na Brasilië uitgevoer, maar 27,3-miljard-rand se produkte ingevoer. BLSA se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê ʼn handelstrategie moet fokus op markte wat die regte balans bied, sonder om die plaaslike mark met hul produkte te oorstroom.
# President Cyril Ramaphosa het Leonard Lekgetho met onmiddellike ingang aangestel as nuwe hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid. Hy volg Andy Mothibi op wat in Februarie nasionale direkteur van Openbare Vervolging geword het. Lekgetho het 19 jaar ervaring in die ondersoekeenheid, onder meer as hoof-forensiese ondersoekbeampte en assistent-projekbestuurder. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Lekgetho se aanstelling sal bestendigheid teweegbring:
# Die Jacob Zuma-stigting het die Konstitusionele Hof se uitspraak oor oudregter Sisi Khampepe se onttrekking van die ondersoek na Waarheids- en Versoeningskommissie-sake as ‘n naelskraapse nederlaag beskryf. Die hof het Zuma en oudpresident Thabo Mbeki se aansoek om onttrekking van die hand gewys. Haar rol in die Amnestiekomitee van die WVK en as adjunkdirekteur van Openbare Vervolging is as redelike kommer vir vooroordeel beskryf. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê die stigting is bekommerd oor meer as net die uitspraak:
Nuus uit die buiteland:
# Owerhede in Nepal het begin om honderde ongeïdentifiseerde slagoffers te begrawe ná verlede week se rampspoedige kits-oorstromings. Die sterftesyfer na die ramp op die grens met Tibet staan tans op 955, met meer as vier-duisend mense wat nog vermis word. Nepal se skilderagtige Chitwan-distrik dien as tydelike begraafplaas vir liggame wat te erg ontbind is om uitgeken te word. Owerhede sê kommer bestaan oor die gevaar wat dit vir openbare gesondheid inhou. ʼn Gedetailleerde begrafnis-rekordstelsel is ingestel om die opsporing van DNS in die toekoms te vergemaklik.
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is gefrustreerd deur die All Blacks se aanhoudende pogings om skeidsregters deur middel van die media te beïnvloed. Dit volg nadat Nieu-Seeland se afrigter, Dave Rennie, na die tweede toets in Kaapstad gekla het oor die Bokke se skrumtegniek. Hy beweer die Suid-Afrikaners loop rondom hul teenstanders in die skrum. Erasmus sê hy vertrou die metodes van die Bokke se skrumafrigter, Daan Human:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-10-sent teen die dollar, 18-rand-68-sent teen die euro en 21-rand-81-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-73-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-433-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 93-dollar-32-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….