Nuus 11:00
BULLETIN 31 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Adjunkpresident Mashatile se kantoor verwerp bespiegelings en onbevestigde berigte oor sy gesondheid
# Die Gautengse regering bevestig hy het geen rol gespeel in die aankoop van Johannesburg se 41 ambulanse nie
# En tennis: Mariano Navone skakel Novak Djokovic uit in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope
# Adjunkpresident Paul Mashatile se kantoor verwerp bespiegeling en onbevestigde berigte oor sy gesondheid en sê sy mediese inligting is privaat. Hy het op 18 Julie laas in die openbaar verskyn. Sunday World maak verskeie uitsprake oor Mashatile se gesondheid, insluitend dat hy in die waakeenheid is en noem die moontlikheid van vergiftiging. Sy woordvoerder, Keith Khoza, sê Mashatile het ʼn klein sjirurgiese prosedure ondergaan nadat hy by sy huis in Johannesburg siek geword het:
# Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê hy gaan tydens sy veldtog voor die plaaslike regeringsverkiesing fokus op werkersklas-verteenwoordiging, die bou van die staat se produktiewe vermoë en die versterking van die voorsiening van openbare goedere en dienste. Hy het vier-duisend-418 wyksraadslid-kandidate bekendgemaak. Hoofsekretaris Solly Mapaila sê hulle verkiesingsveldtog sal werkers en arm gemeenskappe mobiliseer, korrupsie en misdaad bestry, demokratiese deelname versterk en die organisatoriese basis vir ʼn sosialistiese beweging bou:
# Die Gautengse regering het bevestig dat hy geen rol gespeel het in die aankoop, befondsing of verkryging van die Stad Johannesburg se 41 ambulanse nie. Regeringswoordvoerder, Sizwe Pamla, sê die stad se Noodbestuursdienste het die voertuie in 2019 aangekoop. Hy sê die provinsiale Gesondheidsdepartement het in 2009 begin om ambulansdienste van plaaslike munisipaliteite oor te neem:
Nuus uit die buiteland:
# Soek- en reddingsoperasies duur voort in die Middellandse See nadat ‘n passasiersveerboot tussen Noord-Ciprus en Turkye omgeslaan het. Agt mense is dood. Amptenare sê daar was 259 passasiers en agt bemanningslede op die veerboot wat water begin inneem het na sy vertrek uit die kusdorp Kyrenia in Ciprus. Altesaam 241 mense is tot dusver gered en 18 word steeds vermis. Die vaartuig se kaptein en bemanningslede word aangehou. Turkye het drie dae van nasionale rou afgekondig.
# Tennis: Mariano Navone van Argentinië het die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, uitgeskakel in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope. Die Serwiër het in vyf stelle verloor teen die wêreld-nommer-49 – die eerste keer sedert 2006 dat hy in die openingsronde van ‘n Grand Slam-toernooi vasval. 2021 se kampioen, Daniil Medvedev van Rusland, het die Franse kwalifiseerder Hugo Gaston geklop. Die Amerikaanse vrou Jessica Pegula het in skoon stelle afgereken met Elena-Gabriela Ruse van Roemenië. Elina Svitolina van Oekraïne en die Italianer Jasmine Paolini het ook gewen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-15-sent teen die dollar, 18-rand-71-sent teen die euro en 21-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-22-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-440-dollar-75-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 92-dollar-50-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….