Nuus 14:00
BULLETIN 28 Augustus 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Ondersoek word gevra na beweerde stemkopery binne die ANC
# Sibanyoni sê die Shongwe-kommissie verbind taxigeweld met hoëkalibervuurwapens
# En tennis: Alcaraz en Djokovic is in dieselfde trekking van die Amerikaanse Ope en kan in die halfeindronde ontmoet
# Activists and Citizens Forum sê bewerings van stemkopery binne die ANC bestaan al lank en vereis groter openbare ondersoek. Dit volg op onlangse bewerings deur ‘n lid van die party se Nasionale Uitvoerende Komitee, Nkosazana Dlamini-Zuma. Die forum beweer dat omkopery plaasgevind het tydens leierskapsverkiesings, insluitend 2007 se konferensie in Polokwane. Woordvoerder Dennis Bloem beweer dat takke en streke geld ontvang het in ruil vir stemme. Hy sê dat ‘n verwante hofuitdaging kan help om beweerde korrupsie binne die regerende party bloot te lê en uit te roei.
# Die taxibaas Joe “Ferrari” Sibanyoni sê die Shongwe-kommissie het bevind slagoffers van taxiverwante geweld in Gauteng is met hoëkalibergewere en ander vuurwapens doodgeskiet. Sibanyoni het voor die Madlanga-kommissie getuig die wapens is soortgelyk aan dié wat staatsinstellings soos die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die polisie gebruik. Hy sê die kommissie het Ezinkabi ook geïdentifiseer as gehuurde spesialiste wat betrokke is by geteikende moorde:
# Die DA in die Wes-Kaap neem kennis van die ANC se erkenning dat voortdurende moorde en geweldsmisdaad gemeenskappe in die provinsie raak en dringend aandag verg. Gillion Bosman van die DA sê dit is egter nie genoeg om die probleem net te erken nie en vra ANC-lede in die provinsiale wetgewer om hul invloed te gebruik en hul nasionale kollegas aanspreeklik te hou vir tekortkominge in wetstoepassings-mislukkings wat gemeenskappe weerloos laat:
# Vyf van die ses Suid-Afrikaners wat vermis word na die verwoestende oorstromings in Nepal en Tibet is van KwaZulu-Natal. Die LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, sê die ander een is van KuGompo City in die Oos-Kaap. Minstens 270 mense is volgens berigte dood en meer as een-duisend-300 is nog nie opgespoor nie. Die departement se woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, sê die owerhede ondersteun die betrokke gesinne:
# Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, begin sy Amerikaanse Ope-titel verdedig teen Roman Safiullin van Rusland. Die Spanjaard het sedert April nog nie in enige enkelspelwedstryde gespeel nie weens ‘n gewrigsbesering. Alcaraz kan moontlik die viermalige kampioen Novak Djokovic in die halfeindstryd ontmoet. Die Serwiër speel in die eerste ronde teen die Argentyn Mariano Navone. Die eerste-gekeurde Alexander Zverev van Duitsland speel teen Lorenzo Sonego van Italië. Felix Auger-Aliassime van Kanada en die Italianer Flavio is in Zverev se helfte van die trekking.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-98-sent teen die dollar, 18-rand-60-sent teen die euro en 21-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-200-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-605-dollar-41-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 90-dollar-65-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….