Nuus 17:00
BULLETIN 24 Augustus 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê die ANC kan nie vertrou word om munisipale mislukkings te herstel nie
# Vusimuzi “Cat” Matlala bly steeds in die duister terwyl die Matlanga-kommissie voortgaan
# En, sokker: Minister Gayton McKenzie eis terugbetaling van 13-miljoen-rand na mislukte implementering van VAR deur SAFA
# Die leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, sê die ANC kan nie vertrou word om sukkelende munisipaliteite te herstel wat hyself toegelaat het om in duie te stort nie. Hy glo nie die ANC se belofte om munisipaliteite binne 100-dae om te keer en kritieke vakatures binne 120-dae te vul nie. Hill-Lewis sê die DA sal fokus op beter bestuur, korrupsie-bekamping, beskerming van munisipale fondse en die aanstelling van gekwalifiseerde mense:
# Die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het voor die Madlanga-kommissie getuig hy is in die duister gelaat en het nie genoeg geleentheid gehad om sy regspan se betoë ten volle te oorweeg nie. Matlala het voor die kommissie verskyn nadat hy voorheen geweier het om vrae te beantwoord oor die SAPD Medicare24-tender van 228-miljoen-rand. Die voorsitter, Mbuyiseli Madlanga, het advokaat Fatima Missi se versoek om uitstel verwerp en gelas die verrigtinge sal voortgaan:
# Die saak van vyf beskuldigdes wat verbind word met ‘n beweerde dwelmvervaardigingsaanleg van 600-miljoen-rand in Musina, Limpopo, is tot Vrydag uitgestel om verdere ondersoeke toe te laat en ‘n Spaanse tolk te vind. Die beskuldigdes sluit in twee Mexikaanse burgers, twee Zimbabwiërs en ‘n Malawiese burger. Hulle is in hegtenis geneem tydens ‘n operasie onder leiding van die Valke op ‘n plaas waar owerhede na bewering ‘n grootskaalse kristalmetamfetamien-vervaardigingsaanleg ontdek het. Dwelms, toerusting en kontant is gekonfiskeer.
# Die verkiesingsgeskil in Zambië het verder verskerp nadat howe gesluit is, op die laaste dag vir die indiening van ‘n hofgeding teen president Hakainde Hichilema se herverkiesing. Regslui in Lusaka is deur gewapende mans by hofgeboue weggewys, met polisieversperrings wat toegang verhoed. Die opposisiekandidaat Brian Mundubile, wat tweede geëindig het in die verkiesing op 13 Augustus, sê hy beoog om die uitslag in die hof te betwis, maar skuil tans uit die openbare oog. Hichilema het nagenoeg 60-persent van die stemme ingewin, teenoor Mundubile se 38-persent. Die opposisie voer aan hy is bekommerd oor onreëlmatighede.
# Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, eis die terugbetaling van die 13-miljoen-rand wat aan die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging toegeken is vir die implementering van die video-assistent-skeidsregter. McKenzie sê Safa het nie daarin geslaag om hierdie seisoen VAR in te stel nie, al het hy die fondse ontvang wat bedoel was om die gehalte van skeidsregterswerk te verbeter en meer akkurate beslissings te verseker. Hy sê Safa het nou 21 dae grasie gevra om die geld terug te betaal:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-1-sent teen die dollar, 18-rand-68-sent teen die euro en 21-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-924-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-676-dollar-40-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 94-dollar-37-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….