Nuus 16:00
BULLETIN 24 Augustus 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Korrektiewe Dienste betwis Matlala se regspan se bewerings oor raadpleging
# ‘n Ontleder waarsku COSATU se voortgesette steun vir die ANC is ‘n terugslag vir die SAKP
# En krieket: Cummins gebruik die eendagwedstryde teen die Proteas as voorbereiding vir die eerste toetsreeks sedert die skuurpapierskandaal
# Die Departement van Korrektiewe Dienste betwis bewerings dat Vusimuzi “Cat” Matlala se regspan nie genoeg tyd vir raadpleging gehad het nie. ‘n Getuienisleier van die Madlanga-kommissie, Alida Hassim, het korrespondensie voorgelees wat aandui die prokureurs het drie dae lank raadplegings gevoer. Sy prokureur, Fatima Missi, sê toegang is beïnvloed deur Korrektiewe Dienste se prosesse. Voorsitter Mbuyiseli Madlanga sê die teenstrydighede moet opgelos word en hy sal met die departement skakel:
# Die politieke ontleder Dirk Kotzé sê die vakbondfederasie COSATU se voortgesette steun vir die ANC sal ‘n beduidende terugslag wees vir die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, wat voorberei om onafhanklik aan die plaaslike regeringsverkiesing deel te neem. COSATU het egter sy finale besluit uitgestel. Kotzé het aan die SABC gesê die SAKP se onafhanklike veldtog beklemtoon groeiende verdeeldheid tussen die alliansievennote en kan die toekoms van die drieparty-alliansie bedreig:
# Forum for South Africa verwelkom die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, se ingryping om ‘n aanval op ‘n senior amptenaar te help voorkom. Die amptenaar het glo geweier om twyfelagtige kontrakte te onderteken en toe die teiken geword van ‘n beweerde moordkomplot. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê geen staatsamptenaar behoort intimidasie, dreigemente of geweld te ondervind vir weiering om aan korrupsie deel te neem nie:
Nuus uit die buiteland:
# Noorweë se minister van Energie, Terje Aasland, sê die land sal voortgaan om sy olie- en gasbronne in die Barents-see te ontwikkel, ongeag die Europese Unie se steun vir ‘n verbod op verdere olie- en gasontwikkeling in die Arktiese gebied. Noorweë het Europa se grootste verskaffer van aardgas geword ná Rusland se inval in Oekraïne in 2022 en voorsien tans sowat 30-persent van die EU en Brittanje se aardgas. Die EU oorweeg ‘n hersiening van die verbod op nuwe boorwerk in die Arktiese gebied weens kommer oor energiesekerheid.
# Krieket: Die Australiese kaptein, Pat Cummins, gaan die eendagwedstryde teen die Proteas gebruik om voor te berei vir die toetsreeks teen Suid-Afrika. Die drie toetse in Oktober sal die eerste vir Australië in Suid-Afrika wees sedert die skuurpapierskandaal van 2018 wat gelei het tot die skorsing van kaptein Steve Smith, onderkaptein David Warner en die bouler Cameron Bancroft. Cummins het sedert 2023 nog slegs twee eendagwedstryde vir sy land gespeel. Die Proteas en Australië speel eendagwedstryde in Durban, Johannesburg en Potchefstroom voor die toetse in Durban, Gqeberha en Kaapstad.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand teen die dollar, 18-rand-65-sent teen die euro en 21-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-458-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-654-dollar-32-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 94-dollar-14-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….