Nuus 09:00
BULLETIN 21Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa is bekommerd oor die voortdurende krisis by die Finansiële Hulpskema
# Die GOOD-party bevraagteken AfriForum en March and March se samewerkingsooreekoms
# En veertig kinders is dood nadat ‘n boot in die noordweste van Nigerië omslaan
# President Cyril Ramaphosa het kommer uitgespreek oor die voortgesette krisis by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Die Hooggeregshof in Pretoria het verlede week die aanstelling van professor Hlengani Mathebula opgeskort en die skema se oorblywende raadslede heraangestel. Dit het gevolg nadat die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, in Mei die raad ontbind het en die instansie onder administrasie geplaas het. Presidensiële woorvoerder, Vincent Magwenya, het aan Daily Maverick gesê die bestuur en finansiële bestendigheid van die fonds is noodsaaklik om miljoene jong mense in staat te stel om verder te studeer.
# Die GOOD-party sê AfriForum en die MK-party het niks behalwe ‘n voorkeur vir litigasie oor regeringsbeleide in gemeen gehad nie, tot die teen-immigrantegroep, March and March, met albei vriende gemaak het. AfriForum en March and March het ooreengekom om saam te werk wat regskwessies betref, ten spyte van aansienlike verskille tussen die twee drukgroepe. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, wonder waar dit die MK-party laat as March and March en AfriForum hul verhouding saamsnoer:
# Alliance of Citizens for Change veroordeel die moord op die voormalige ANC-raadslid en burgemeester van Knysna, Ndoda Aubrey Tsengwa. Volgens ʼn voorlopige ondersoek was die 48-jarige raadslid Woensdagaand op pad huis toe saam met drie ander toe ʼn onbekende aanvaller op hulle voertuig losgebrand het voordat hy te voet in die Joodsekamp-area gevlug het. Die vereniging se president, Masizole Mnqasela, het geëis dat die doodstraf teruggebring word:
# Ten minste 50 mense, insluitend 40 kinders, is dood toe ‘n oorlaaide boot gister in Sokoto in die noordweste van Nigerië omgeslaan het. Daar was volgens berigte meer as 70 mense aan boord, wat boere en arbeiders ingesluit het wat gehuur is om rys te oes. Sestien mense is gered. Die Nasionale Binnelandse Waterweë Owerheid sê reddingspogings gaan voort. Bootongelukke is algemeen in Nigerië waar swak onderhoude bote oorlaai word en sterftes dikwels toegeskryf word aan die swak toepassing van veiligheidsreëls.
# Gholf: Die wêreld-nommer-twee, Rory McIlroy, het met ʼn openingsrondte van ses onder 64 by die BMW-kampioenskap in Missouri, heelwat beter gedoen as verlede week se teleurstellende vertoning by die FedEx St Jude-kampioenskap. Die speler van Noord-Ierland deel die voorsprong met die Amerikaanse viermanskap Gary Woodland, Wyndham Clark, JJ Spaun en Chris Gotterup. Die wêreld-nommer-een en verdedigende kampioen, Scottie Scheffler, het ʼn ellendige openingsrondte gehad en is agt houe agter die voorlopers. McIlroy sê hy voel beter oor sy spel:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-8-sent teen die dollar, 18-rand-80-sent teen die euro en 21-rand-94-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 74-duisend-866-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-543-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 94-dollar-83-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….