Nuus 07:00
BULLETIN 6 Februarie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ACDP is bekommerd oor onvoldoende pogings om Suid-Afrika van die gryslys te verwyder
# Mango se sakereddingspraktisyn gaan voort met die verkoop van die lugredery ondanks geskille met Pravin Gordhan
# En, ActionSA oorweeg verdere regsoptrede ná die Lily-myn-tragedie
# Die ACDP het kommer uitgespreek oor Suid-Afrika se status op die Finansiële Aksietaakspan se gryslys. Die party voer aan onvoldoende pogings is aangewend om die tekortkomings aan te pak wat gelei het tot die land se plasing op die lys ‘n jaar gelede. Steve Swart van die ACDP neem kennis van Suid-Afrika se daling van twee-punte op die Korrupsie-aanwyser. Hy sê ondanks verhoogde hulpbronne, lyk dit of die land steeds agteruitgaan met die hantering van korrupsie, wat kommerwekkend is:
# ActionSA sê hy bly daartoe verbind om te help met die herwinning van die oorskot van die drie Lily-mynwerkers in Mpumalanga en sal voortgaan om die families op enige moontlike manier by te staan. Pretty Nkambule, Yvonne Mnisi en Solomon Nyirenda is in 2016 dood toe die vraghouer waarin hulle gewerk het, onder grond en rotse begrawe is. Dit was gister agt jaar sedert die tragedie plaasgevind het. ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê hulle sal binnekort die party se volgende regstappe aankondig:
# Ekurhuleni se burgemeester, Sivuyile Ngodwana, sê hy is ten volle bewus dat die 2022/2023-ouditverslag nog nie by die raad ingedien is nie. Die vertraging is weens die munisipale bestuur se geskil met die Ouditeur-generaal se kantoor oor die oudit se uitslag. Die burgemeester sê hy verstaan raadslede is ongeduldig omdat tyd min raak, aangesien die situasie probleme kan veroorsaak met die bestuur van die munisipaliteit se finansies. Hy het beklemtoon die saak word so vinnig moontlik hanteer.
# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, is vir die vyfde keer op pad na die Midde-Ooste sedert Hamas Israel in Oktober verlede jaar aangeval het. Hy sal ondermeer Saoedi-Arabië, Egipte, Katar, Israel en die Wesoewer besoek. Die department van Buitelandse Sake sê een van Blinken se hoofdoelwitte is om ‘n ooreenkoms tussen Hamas en Israel te bemiddel ten einde gyselaars vry te laat in ruil vir ‘n onderbreking in vyandelikhede. Die besoek volg nadat die VSA verder onderneem het om voort te gaan met vergeldingsaanvalle teen rebellegroepe in Irak en Sirië, ná die moord op drie Amerikaanse soldate in Jordanië.
# Motorsport: Red Bull se Formule Een-span het ‘n onafhanklike ondersoek begin na sy spanhoof, Christian Horner, ná bewerings van onbehoorlike gedrag. Dit volg nadat ʼn personeellid ʼn klag teen hom ingedien het. Horner ontken die bewerings. Red Bull sê hy beskou hierdie sake in ʼn uiters ernstige lig en die ondersoek sal so gou moontlik afgehandel word. Volgens berigte sal Horner aanbly as span- en uitvoerende hoof van Red Bull Racing terwyl die ondersoek aan die gang is.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-4-sent teen die dollar, 20-rand-47-sent teen die euro en 23-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 42-duisend-728-dollar-70-sent. Die prys van goud is twee-duisend-25-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-18-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….