Nuus 11:00
BULLETIN 18 Augustus 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Duduzane Zuma verdedig die MK-party se voortdurende leierskapsveranderinge
# Nog ’n dodelike skool-skietvoorval in die Filippyne eis twee lewens
# En rugby: Die All Blacks se afrigter sê hulle weet wat om van die Springbokke te verwag
# Die MK-party se eerste adjunkpresident, Duduzane Zuma, het die voortdurende leierskapsveranderinge verdedig en sê dit behoort meer vertroue by kiesers in te boesem. Partyleier Jacob Zuma het sy seun vroeër die maand regstreeks onder hom in die partystruktuur geplaas. Verskeie senior partyleiers is verwyder of verskuif, insluitend John Hlophe wat as eerste adjunkpresident vervang is. Duduzane Zuma het aan Newzroom Afrika gesê hulle wil die beste mense in elke posisie hê:
# Business Leadership South Africa se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, kritiseer Eskom se raad se weerstand teen die ontbondeling van transmissie-bates en beskuldig hom dat hy lener-ingewikkeldheid as wapen gebruik om herstrukturering teen te staan. Eskom se voorsitter, Mteto Nyati, hou vol die kragverskaffer se finansiële probleme moet eers hanteer word om die skepping van ‘n onafhanklike transmissiestelsel-operateur moontlik te maak. Die mynwerkersvakbond N-U-M het Eskom se herstrukturering in die hof uitgedaag. Mavuso sê Eskom se ware bedreiging is nie ontbondeling nie, maar munisipale skuld van 114-miljard-rand.
# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, is bekommerd oor die uitwerking van voortslepende bende-geweld op leerders, onderwysers en die groter skoolgemeenskap van Westbury. Vier mense is die afgelope naweek doodgeskiet en een gewond. Dit sluit ʼn leerder van die Sekondêre Skool RW Fick in. Woordvoerder Onwabile Lubhelwana sê hulle gaan leerders wat hul geskeduleerde beoordelings-vraestelle en voorlopige eksamen misgeloop het weens die onveilige omgewing, toelaat om dit te skryf:
Nuus uit die buiteland:
# Die Filippyne het vandag sy tweede noodlottige skietvoorval in twee maande beleef toe ʼn leerder dood is voor die vermeende moordenaar homself doodgeskiet het. Die voorval het plaasgevind by ʼn skool wat verbind word met die privaat beheerde Ateneo de Zamboanga-universiteit in Zamboanga. Volgens die polisie se voorlopige verslag het die aanvaller ʼn pistool en ʼn geweer skool toe gebring. Hy het op kinders in ʼn klaskamer losgebrand en ‘n leerder is dood. Dit volg twee maande ná ʼn skietery by ʼn hoërskool in Tacloban-stad waarin drie kinders dood en 20 gewond is.
# Rugby: All Black-afrigter Dave Rennie verwag die Springbokke sal Saterdag op Ellispark aanhoudende druk op die besoekers plaas met hul kragtige vaste fasette om foute af te dwing. Die All Blacks gaan die eerste toets met selfvertroue tegemoet na oorwinnings oor die Stormers, Haaie en Bulle. Saula Ma’u het Ollie Norris vervang en Noah Hotham en Richie Mo’unga het ook by Nieu-Seeland aangesluit. Rennie sê hulle sal volgens hul sterkpunte speel:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-23-sent teen die dollar, 18-rand-78-sent teen die euro en 21-rand-96-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-244-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-399-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 93-dollar-2-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….