Nuus 18:00
BULLETIN 11 Augustus 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Ministerie van Justisie stel strenger strawwe voor vir onwettige mynbou
# ActionSA dring aan op ‘n NVG-sertifikaat vir families van die Lily-mynwerkers
# En, Donald Trump eis konflikvergoeding van Iran as deel van enige vredesonderhandelings
# Die Ministerie van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het strenger wette voorgestel om onwettige mynbou hok te slaan, insluitend boetes van tot 100-miljoen-rand en tronkstraf van tot 30 jaar. Die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Algemene Mynwette maak ook voorsiening dat dit ‘n misdryf sal wees om onwettige mynbedrywighede te ondersteun of te help bedryf. Minister Mmamoloko Kubayi sê die veranderings is om georganiseerde misdaad wat verband hou met onwettige mynbou te bekamp en die betrokke gemeenskappe, infrastruktuur en die ekonomie te beskerm:
# Advokaat Drushantha Ramsamy van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie het voor die Madlanga-kommissie getuig oor gerugte dat brigadier Dineo Mokwele se pa, die senior Valke-offisier brigadier Mapome Mohajane, van omkopery aangekla is. Ramsamy sê dit het die indruk geskep dat die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, vir Mokwele aangestel het as ‘n guns vir haar pa. Ramsamy het ook getuig die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, het Misdaadintelligensie se ondersoek as deel van staatskaping beskryf:
# ActionSA doen ‘n beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag om ‘n nolle prosequi-sertifikaat uit te reik aan die families van die drie Lily-mynwerkers wat in 2016 oorlede is. Matthew George van die party sê die sertifikaat sal die families toelaat om privaat vervolging in te stel nadat die NVG besluit het om nie strafregtelike op te tree nie. Hy sê die Mbombela-landdroshof in Mpumalanga het in ‘n geregtelike doodsondersoek die families se oproep vir aanspreeklikheid ondersteun. Die families wag al vir meer as ‘n dekade vir geregtigheid.
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het teruggekap na Iran oor sy eis vir vergoeding en gesê Teheran moet eerder vergoeding betaal vir sterftes en skade. Iran het ‘n reeks nuwe eise uitgereik wat Washington moet nakom voor hy skepe toelaat om vrylik deur die strategies-belangrike Seestraat van Hormoes te beweeg. Trump sê hy het sy verteenwoordigers opdrag gegee om die vergoedingsversoek deel te maak van enige toekomstige onderhandelinge met Iran:
# Sokker: Die Argentynse ster-speler Lionel Messi se regspan oorweeg glo regstappe teen plaaslike mediagroepe oor beweerde skending van privaatheid tydens die afskeidseremonie vir sy pa, Jorge, wat die naweek dood is. Die familie het blykbaar beswaar gemaak teen media-dekking van die privaat diens in Rosario. Messi, wat onlangs teruggekeer het huis toe om sy pa te groet, het voorheen gevra dat sy familie se privaat sake respekteer word. Die beplande regstappe kan mediagroepe teiken wat beskuldig word van oortreding van privaatheidsgrense.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-19-sent teen die dollar, 18-rand-68-sent teen die euro en 21-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-69-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-385-dollar-94-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 90-dollar-58-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….