Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 Februarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Suid-Afrikaanse Windenergievereniging sê die land se voortslepende energiekrisis vereis vinnige optrede aan die hand van ‘n duidelike, omvattende en realistiese toepassingsplan. Die vereniging het gereageer met die vrystelling vir openbare kommentaar van die land se hersiene konsep Geïntegreerde Hulpbronplan 2023. Die plan bied ‘n ontleding van breë beskikbare opsies vir die land om aan drie afsonderlike doelwitte te voldoen, naamlik voorsieningsekerheid, energiebekostigbaarheid, en die verkleining van die koolstofvoetspoor deur minder koolstofvrystellings. Die vereniging sê die konsep-IRP 2023 verg intensiewe hersiening, deursigtigheid en kreatiewe oplossings.
# Die Universiteit van Suid-Afrika sê sy multi-belanghebbende-vleilandprojek sal teen die einde van die eerste kwartaal van vanjaar voltooi wees. Die projek behels die rehabilitasie van ‘n vleiland wat op die kampus van die universiteit se Nagraadse Skool vir Sakeleierskap in Midrand geleë is. Unisa sê dit sal uitdagings soos oormatige oorstromings in die parkeerarea, erosie, habitatvernietiging, indringing van uitheemse spesies en beskadigde stroomoewers aanspreek. Die instelling sê die rehabilitasieprojek is in lyn met die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwit nommer elf, Volhoubare stede en gemeenskappe.
# Brandbestryders in die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit gaan voort om ‘n brand teen die hange van Bainskloof te bestry. Die brand het gisteraand uitgebreek. Die munisipaliteit se woordvoerder, Anesca Roodt, sê verskeie hulpbronne, wat lugondersteuning insluit, is ontplooi:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….