Nuus 16:00
BULLETIN 7 Augustus 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Lamola vra groter openbare bewusmaking van die Afrika-vryhandelsgebied
# ‘n Peiling toon die ANC se steun in Johannesburg het tot 18-persent gedaal
# En krieket: Die Proteas- en Indië se vrouespanne speel nou ook ‘n T20-reeks in Desember
# Die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, vra groter openbare bewusmaking van die Afrika- vryhandelsgebied en sê slegs 13-persent van die vasteland se inwoners is bewus daarvan, ondanks sterk steun vir streekshandel. Hy het in Johannesburg op die ambassadeursontbyt, waar die versterking van ekonomiese diplomasie, handel en belegging bespreek is, gesê dieper integrasie moet gewone burgers bevoordeel, nie net politieke en sakeleiers nie. Lamola het ondernemings aangespoor om nie ongeregistreerde migrante uit te buit nie, want dit kan Afrika se langtermyn-ekonomiese groei en streeksbestendigheid bedreig:
Minister Lamola het ook gesê Suid-Afrika het ‘n belangrike mylpaal bereik met Angola se aansluiting by die oorgrens-betalingstelsel. Hy sê die projek sal handel tussen Afrika-lande bevorder en sê ook die Afrika-Unie se Agenda 2063 vereis sterker streeksintegrasie en vrye beweging van mense en goedere op die vasteland:
# Die ANC se steun in Johannesburg het tot 18-persent gedaal in die Social Research Foundation se jongste meningspeiling, wat toenemende druk beklemtoon voor November se plaaslike regeringsverkiesing. Die opname, wat in vennootskap met The Common Sense gedoen is, toon dat die DA meer as dubbel die ANC se steun het. Die afname hou verband met kommer oor dienslewering, die Phala Phala-sage, die Madlanga-kommissie en onwettige immigrasie. Die peiling dui ook daarop dat geen party waarskynlik ‘n volstrekte meerderheid sal behaal nie, wat koalisie-onderhandelinge toenemend waarskynlik maak.
# Die Kaapstadse burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, se bereidwilligheid om te oorweeg dat metropolisiedienste ondersoekbevoegdhede kry, is ‘n positiewe stap in die stryd teen misdaad. Volgens Hill-Lewis sal die uitbreiding van hierdie magte die metropolisie toelaat om meer doeltreffend met die Suid-Afrikaanse Polisiediens saam te werk om bendegeweld, onwettige vuurwapens en dwelmverwante misdaad aan te pak. Hy het Cachalia gevra om die SAPD-wet sonder versuim te wysig:
# Krieket: Die Indiese Vroue se besoek aan Suid-Afrika in Desember sal nou ook ‘n T20-reeks teen die Proteas insluit. Die toer begin op 9 Desember met ‘n toets in Gqeberha. Daarna volg drie eendagwedstryde – in Potchefstroom op 16 Desember, in Bloemfontein die 19de en in Kaapstad die 22ste. Die drie T20s word op 26 Desember in Benoni gespeel, en op 29 en 30 Desember in Potchefstroom. Die T20-reeks sal dien as voorbereiding vir Februarie se Kampioenetrofee-toernooi in Sri Lanka.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-22-sent teen die dollar, 18-rand-70-sent teen die euro en 21-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-92-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-302-dollar-41-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 85-dollar-23-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….