Nuus 13:00
BULLETIN 5 Augustus 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Soil of Africa stel ‘n leierskap-gebaseerde demokratiese stelsel vir Suid-Afrika voor
# ‘n Energiekenner sê Eskom se herstel is ‘n gedeelde sukses
# En rugby: Sacha Feinberg-Mngomezulu is opgewonde oor sy eerste Bok-wedstryd van die seisoen
# Die Soil of Africa-burgerlike voorspraakbeweging dring aan op ‘n nasionale gesprek oor die toekoms van Suid-Afrika se demokrasie en demokrasie-hernuwing. Woordvoerder Luzuko Sofute sê demokrasie bly die beste grondwetlike raamwerk omdat dit die regte van burgers beskerm, politieke deelname waarborg en verseker dat die regering aanspreeklik bly. Hy sê die uitdaging waarmee Suid-Afrika te kampe het, is die gehalte van leierskap wat binne die huidige politieke stelsel na vore kom:
# Forum for South Africa is bemoedig deur die positiewe reaksie van Suid-Afrikaners gedurende die laaste kieserregistrasie-naweek, toe meer as 1,7-miljoen mense geregistreer is. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê dit wys dat baie landsburgers verstaan hoe belangrik dit is om aan die land se grondwetlike demokrasie deel te neem. Hy is egter bekommerd oor mense wat nie geregistreer het om in November se munisipale verkiesing te stem nie:
# Die energiekenner Chris Yelland sê Eskom verdien erkenning vir die verbetering in sy prestasie, maar die einde van beurtkrag kan nie uitsluitlik aan die kragvoorsiener toegeskryf word nie. Hy sê die afname in elektrisiteitsvraag, groter privaat beleggings in hernubare energie en die regering se finansiële steun het alles tot Eskom se herstel bygedra. Eskom het ‘n energiebeskikbaarheidsfaktor van 82,04-persent en meer as 440 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag aangeteken.
Nuus uit die buiteland:
# Katar se Ministerie van Buiutelandse Sake sê die toenemende Israelse aanvalle in Gaza is ‘n poging om die instelling van die 20-punt-plan en vreedsame oplossings te verhoed. Dit druis in teen die padkaart vir vrede van die Amerikaanse president, Donald Trump, se vredesraad vir die ontwapening van Hamas en Israel se onttrekking uit Gaza. Israel het meer as 73-duisend mense in Gaza gedood sedert Oktober 2023. Katar sê terwyl Hamas sy verpligtinge nagekom het, moet die internasionae gemeenskap druk op Israel plaas om dieselfde te doen.
# Rugby: Springbok-losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu is opgewonde om terug te wees en sê hy kan nie wag vir sy eerste wedstryd van die seisoen nie. Hy het Julie se toetse misgeloop nadat hy in Mei sy enkel beseer het in die Stormers se Verenigde Rugbykampioenskaps-kwarteindstryd teen Cardiff, en daarna ‘n suksesvolle operasie ondergaan. Feinberg-Mngomezulu speel Saterdag in Buenos Aires teen Argentinië sy 20ste toets en sê hy het sy blaaskans goed gebruik:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-40-sent teen die dollar, 18-rand-92-sent teen die euro en 22-rand-6-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-92-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-162-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 83-dollar-55-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….