Nuus 14:00
BULLETIN 3 August 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Brown Mogotsi se saak word tot 20 Augustus uitgestel
# Die Parlement hervat sy werksaamhede vir die derde kwartaal
# En nuus van die Statebondspele: Ahmedabad is gereed om 2030 se Spele aan te bied
# Die saak teen die beweerde politieke tussenganger Brown Mogotsi is in die Johannesburgse Landdroshof tot 20 Augustus uitgestel vir die volledige openbaarmaking van die dossier. Hy staan tereg op aanklagte van onder meer meineed, regsverydeling en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, nadat hy na bewering ‘n sluipmoordaanval op hom versin het. Ballistiese verslae verbind die vuurwapen wat gebruik is met ernstige misdade soos moord, maar die vuurwapen is nog nie opgespoor nie. Staatsadvokaat Thami Mpekana sê die lys van getuies moet vertroulik bly.
# Lede van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies keer hierdie week terug van die kiesafdelingtydperk wanneer die Parlement sy program vir die derde kwartaal hervat. Wetgewers sal na verwagting voortgaan met komiteevergaderings, toesigwerk, debatte en wetgewende sake nadat hulle gemeenskappe in hul kiesafdelings betrek het. Die Parlement sê die nuwe kwartaal sal aandag skenk aan die versterking van toesig, die verwerking van wetgewing en die aanspreeklikheid van die uitvoerende gesag terwyl albei huise voortgaan om hul grondwetlike mandaat uit te voer.
# Eskom sê die onafhanklike ondersoek na moontlike onreëlmatighede met die verkryging van dieselbrandstof en bergingskontrakte sal nou eers einde Augustus voltooi wees. Daar is voorsien dat die regsontleding teen 31 Julie voltooi sou wees. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokoena, sê verdere dokument-ontleding en -vertolking, aanvullende onderhoude en oorweging van bepaalde regsaspekte van die bestuur van kontrakte is nodig. Sy sê tugstappe duur voort teen die geïdentifiseerde verkrygingsbeamptes:
Die vakbondfederasie SAFTU verwerp intussen president Cyril Ramaphosa se verdediging van Eskom se ontbondeling en sy bewering dat mededinging in elektrisiteits-opwekking pryse gaan verlaag. Hy het die eerstefase-verslag van die Eskom-herstrukturerings-taakspan aanvaar wat die plan ondersteun om Suid-Afrika se verspreidingsnetwerk ten volle onafhanklik van Eskom te maak. SAFTU se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, sê Ramaphosa se vergelyking met telekommunikasie is ewe misleidend:
# Nuus van die Statebondspele: Ahmedabad in Indië wil voortbou op die werk wat Glasgow 2026 gedoen het terwyl hulle voorberei om 2030 se Spele aan te bied. Skotland het die byeenkoms die vierde keer aangebied nadat die Australiese staat Victoria onttrek het. Meer as drieduisend atlete van 74 lande het aan 215 medalje-items deelgeneem. Gujarat se adjunk-hoofminister, Harsh Sanghavi, sê hulle aanvaar met dankbaarheid die verantwoordelikheid om die Eeufeesspele aan te bied:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-50-sent teen die dollar, 19-rand-1-sent teen die euro en 22-rand-20-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-707-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-53-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 87-dollar-66-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….