Nuus 08:00
BULLETIN 30 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Adjunkminister Seiso Mohai neem die leisels oor by die Openbare Beleggingskorporasie
# Die Amerikaanse weermag voer nog aanvalle uit op Iran
# En Chad le Clos word die mees bekroonde atleet in die Statebondspele se bestaan
# Die kabinet het volgens berigte die aanstelling goedgekeur van die adjunkminister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Seiso Mohai, om die leisels by die Openbare Beleggingskorporasie oor te neem. Dit volg na die bedanking van die adjunkminister van Finansies, David Masondo, as voorsitter van die raad. Volgens TimesLive kom die aanstelling van Mohai nadat president Cyril Ramaphosa ‘n regsmening ingewin het oor die vraag of dit moontlik was om die OBK tydelik na die Presidensie te skuif om die batebestuurder te beskerm. Mohai se aanstelling sal vandag deur die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, bevestig word.
# Die DA het sy oproep herhaal vir volle deursigtigheid oor elke aanstelling by die huidige Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, insluitend die vergoeding, mandate en goedkeuringsprosesse vir adviseurs en konsultante. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, se voorgestelde vergoedingspakket van 11-miljoen-rand vir die NSFAS-administrateur Hlengani Mathebula verwerp het. Delmaine Christians van die DA sê Manamela moet die Parlement antwoord oor hoe hy hierdie voorstel as aanvaarbaar beskou terwyl studente steeds vertraagde befondsing ervaar:
# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê Sizakhele Dyantyi se aanstelling as nuwe Wes-Kaapse polisiekommissaris is meer as net om ‘n pos te vul. Sy sê dit gaan oor die identifisering van ʼn leier wat die huidige temperatuur van polisiëring in die provinsie kan lees. Dyantyi volg Thembisile Patekile op wat einde verlede maand na vyf jaar in die pos afgetree het. Dimpane sê sy glo Dyantyi sal sterk leierskap toon te midde van die uitdagings in die provinsie:
# Die Amerikaanse weermag het nuwe lugaanvalle op Iran uitgevoer in reaksie op dié land se pogings om Amerikaanse magte in die Midde-Ooste aan te val. Iran het vroeër die week missiele op Amerikaanse militêre instellings in Jordanië afgevuur. Intussen het die VSA en Saoedi-Arabië saamgewerk en Teheran-ondersteunde soldate in Irak aangeval. Minstens 20 soldate en ses Iranse raadgewers is in die aanvalle dood. President Donald Trump van Amerika het teenstanders gewaarsku dat Amerika gereed is om met mag te reageer na ʼn hommeltuigaanval op ʼn tenkskip aan die kus van Egipte.
# The US military launched fresh airstrikes against Iran, in response to the attempted Iranian attacks on American forces based in the Middle East. Earlier this week, Iran launched a barrage of missiles at American military installations in Jordan, meanwhile the US partnered with Saudi Arabia to strike Tehran-backed militias in Iraq, killing at least 20 fighters and six Iranian advisers. Meanwhile, US president Donald Trump has warned adversaries that America is prepared to respond forcefully following a drone attack on an LNG tanker off the coast of Egypt.
# Statebondspele: Chad le Clos is die mees bekroonde atleet in die Spele se geskiedenis nadat hy sy 21ste medalje gebuit het met Suid-Afrika se bronsmedalje in die mans se vier-maal-100-meter wisselslag-aflos in Glasgow. Die vroue-aflosspan spog ook met brons. Pieter Coetzé het goud gewen in die mans se 100-meter-rugslag en ʼn nuwe spele-rekord van 51,77-sekondes opgestel, terwyl Ruard van Renen die bronsmedalje opgeraap het. Kaylene Corbett spog met silwer in die vroue se 200-meter borsslag. Die Paralimpiese atleet, Christian Sadie, het goud gewen in die mans se S7 50-meter vryslag. Suid-Afrika se medalje-oes staan op 22.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-66-sent teen die dollar, 19-rand-8-sent teen die euro en 22-rand-23-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-133-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-58-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 91-dollar-60-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….