Nuus 18:00
BULLETIN 27 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa vra ‘n verenigde Afrika om wêreldwye uitdagings aan te pak
# Public Interest South Africa verwelkom Andrea Johnson se bedanking
# En, sokker: Suid-Afrikaners word aangemoedig om Banyana Banyana te ondersteun
# President Cyril Ramaphosa sê Afrikalande moet saamstaan om groeiende wêreldwye uitdagings aan te pak en ontwikkeling op die vasteland aan te dryf. Hy het tydens die opening van die sewende Pan-Afrika-parlement in Midrand gesê Afrika het steeds te kampe met die gevolge van konflik, ekonomiese onsekerheid, geopolitieke spanning en klimaatsverandering. Ramaphosa bepleit sterker samewerking om vrede te bevorder, handel uit te brei en ‘n beter toekoms vir almal in Afrika te skep:
# Public Interest SA verwelkom die bedanking van die hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson. Die stigter en voorsitter, Tebogo Khaas, beskryf dit as ‘n belangrike stap in die rigting van die herstel van vertroue in Suid-Afrika se strafregstelsel. President Cyril Ramaphosa het Johnson se bedanking met onmiddellike ingang aanvaar. Khaas het beklemtoon aanspreeklikheid en integriteit moet in stand gehou word:
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het Infrastruktuur Suid-Afrika se Projekvoorbereidings-bodvenster Drie van stapel gestuur om groot infrastruktuurprojekte te bespoedig. Die inisiatief sal openbare instellings ondersteun in die ontwikkeling van projekte wat gereed is vir beleggings ter waarde van een-miljard-rand of meer. Macpherson sê swak projekvoorbereiding vertraag dikwels konstruksie en belegging. Hy sê die program is daarop gemik om projekte van beplanning na implementering te skuif, werksgeleenthede te skep, infrastruktuur te verbeter en ekonomiese groei te bevorder deur sterker openbare en privaat sektorbelegging.
# Die Pan-Afrika-parlement betree ‘n nuwe era van hervorming wat gemik is op die versterking van sy rol in die bevordering van vrede, ontwikkeling en Afrika-integrasie. Die president van die liggaam, Fateh Boutbig, het tydens die eerste gewone sitting in Midrand, Gauteng, gevra vir groter verantwoordbaarheid, sterker toesig en vinniger inwerkingsteling van die Afrika-Unie se Agenda 2063. Die liggaam het beloof om ekonomiese integrasie voorop te stel deur die Afrika-vryhandelsgebied, terwyl demokrasie, veiligheid, watersekerheid, jeugbemagtiging en parlementêre diplomasie oor die hele vasteland bevorder word.
# Sokker: Die regering vra Suid-Afrikaners om Banyana Banyana te ondersteun wanneer hulle hul Afrikabeker-titel in Marokko begin verdedig. Desiree Ellis se span begin hul veldtog vanaand teen Tanzanië. Die regering se waarnemende woordvoerder, William Baloyi, sê die spelers dra die hoop van die nasie, en saam kan die land hulle inspireer om hul beste te lewer:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-74-sent teen die dollar, 19-rand-5-sent teen die euro en 22-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-537-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-88-dollar-88-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 92-dollar-11-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….