Nuus 14:00
BULLETIN 27 Julie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Regterlike Dienskommissie beveel aan Ramaphosa moet die Oos-Kaapse regterpresident skors
# Andrea Johnson verdedig die magtiging van die ondersoek na polisie-amptenare
# En rugby: Kaptein Savea gaan die eerste twee weke van die All Blacks se toer in Suid-Afrika misloop
# Die Regterlike Dienskommissie het president Cyril Ramaphosa aangeraai om die Oos-Kaapse regterpresident, Selby Mbenenge, te skors nadat hy skuldig bevind is aan growwe wangedrag in verband met bewerings van seksuele teistering van sy sekretaresse, Andiswa Mengo. Die saak wag nou op die Nasionale Vergadering se besluit oor moontlike ampsklag-verrigtinge. Mbenenge het ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof ingedien om die uitvoering van die kommissie se bevindings te staak, insluitend sy skorsing en die Parlement se oorweging van die saak.
# Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, het voor die Madlanga-kommissie getuig sy het geen rede gehad om inligting te betwyfel toe sy die ondersoek na senior polisie-amptenare gemagtig het nie. Dit sluit in die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, wat beskuldig word van bedrog en korrupsie met die aanstelling van brigadier Dineo Mokwele in ‘n senior uitvoerende posisie. Johnson sê ook ondersoekers kan moontlik ongemagtigde ondersoeke uitvoer:
# Die Stad Ekurhuleni het bevestig die hoof van die Metropolisie, Isaac Mapiyeye, is vrygespreek op alle aanklagte. Die stad se woordvoerder, Phakamile Mbengashe, sê die dissiplinêre verrigtinge is afgehandel en Mapiyeye het vandag sy pligte hervat. Hy sê hulle respekteer die uitkoms van die proses en bly verbind tot bestendigheid, aanspreeklikheid en doeltreffende leierskap binne die Metropolisie-departement.
# Die Stad Tshwane is bekommerd oor die skerp styging in inhegtenisnemings vir dronkbestuur. Polisie-woordvoerder Puleng Motholo sê meer as 58 motoriste is die naweek aangekeer vir bestuur onder die invloed van alkohol tydens padveiligheidsoperasiesin Centurion, Mamelodi, Mabopane, Bronkhorstspruit, Sinoville en Pretoria-Noord. Sy sê dit beklemtoon ‘n blatante minagting vir die wet deur mense wat min omgee vir padveiligheid en die katastrofiese gevolge wat hulle roekelose gedrag inhou:
# Rugby: Kaptein Ardie Savea gaan nie deelneem aan die eerste twee weke van die All Blacks se toer in Suid-Afrika nie. Afrigter Dave Rennie verduidelik hy speel en oefen reeds ononderbroke sedert Januarie verlede jaar en daar is besluit om hom ‘n welverdiende blaaskans te gee. Savea sal eers na Suid-Afrika reis kort voor die eerste toets teen die Springbokke op Ellispark op 22 Augustus. Cody Taylor sal intussen die span aanvoer. Die toer begin volgende Vrydag in Kaapstad teen die Stormers.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-70-sent teen die dollar, 19-rand-3-sent teen die euro en 22-rand-26-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-291-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-95-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 90-dollar-58-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….