Nuus 17:00
BULLETIN 24 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA vra vir die spoedige afhandeling van Ramaphosa se Phala Phala-hersiening
# Die Hooggeregshof stel die voorverhoor in DJ Warras-moord uit oor dossierkwessies
# En, Spanje verklaar ‘n nasionale noodtoestand oor die veldbrande naby Madrid en in Avila
# Die DA sê hoewel hy die besluit van die Kaapse Hooggeregshof in die Wes-Kaap respekteer om die Parlement se artikel 89-ampsklagondersoek te staak, moet die hersiening van president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-saak so gou as moontlik afgehandel word. Die leier van die party, Geordin Hill-Lewis sê die uitspraak spreek nie vir Ramaphosa van die oortreding vry nie, maar vertraag slegs die ondersoek totdat die hofsaak beslis is:
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het die voorverhoor van twee mans wat aangekla word van die moord op die mediapersoonlikheid Warrick “DJ Warras” Stock tot Maandag uitgestel. Die beweerde skieter, Armindo Pacula, het voorgekom, maar Victor Majola was afwesig weens administratiewe probleme in die gevangenis. Albei staan tereg op aanklag van moord met voorbedagte rade en sameswering tot moord. Regter William Karam het die verrigtinge uitgestel weens probleme met die dossier.
# Die Nasionale Mynwerkersvakbond het ‘n vyfjaarloonooreenkoms met Gold Fields South Deep Mine in Westonaria, Gauteng, onderteken wat tot Februarie 2031 vir werkers geld. Die ooreenkoms sluit in salarisverhogings bo inflasie, hoër intreevlaklone, aanpassings aan voordele en ‘n eenmalige kontantaansporing van tot 50-duisend-rand vir kwalifiserende werknemers. Na suksesvolle onderhandelinge met die maatskappy, sê NUM die ooreenkoms bied langtermyn werksekerheid en bestendigheid vir werkers.
# Die Spaanse regering het ‘n nasionale noodtoestand verklaar ná ‘n reeks veldbrande naby Madrid en die aangrensende provinsie Avila. Meer as tien-duisend mense moes ontruim terwyl brandbestryders gesukkel het om die brande te beheer. Die Ministerie van Binnelandse Sake sê die besluit is geneem omdat verskeie brande gelyktydig uitgebreek het, ongunstige weersomstandighede en die behoefte om omvangryke hulpbronne van verskillende staatsinstellings te ontplooi, wat brandbestrydings- en burgerlike beskermingspogings verder bemoeilik het. Die streeksregering in Madrid het hulp gevra en beskryf die situasie as uiters ernstig.
# Sokker: Liverpool se voormalige afrigter, Jürgen Klopp, is aangewys as Duitsland se nuwe afrigter en het nou die taak om die sukkelende Europese reus te laat terugkeer na die bopunt van die internasionale spel. Duitsland het vier Wêreldbekers en drie Europese kampioenskappe gewen, maar sukkel die laaste tyd. Klopp se aanstelling is weke lank verwag. Sy kontrak duur tot 2030 se Wêreldbekertoernooi. Die 59-jarige het al vertel van sy begeerte om oor te neem by Julian Nagelsman, wat vroeër dié maand bedank het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-87-sent teen die dollar, 19-rand-17-sent teen die euro en 22-rand-45-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-310-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-46-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 91-dollar-91-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….