Nuus 08:00
BULLETIN 24 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa stel die Nasionale Wateraksieplan bekend
# Die voorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie se direksie, David Masondo, het bedank
# En Brittanje is gereed om homself teen Iran te verdedig
# President Cyril Ramaphosa het die Nasionale Water-aksieplan bekendgestel om die basiese oorsake van die watervoorsieningskrisis in baie munisipaliteite te hanteer. Die plan sit strategiese ingrypings uiteen om die krisis op die kort, medium en lang termyn aan te spreek. Hy het in Februarie die aanstelling van die Nasionale Waterkrisis-komitee aangekondig en beloof om die waterkrisis te beëindig. Ramaphosa sê die plan bied ‘n duidelike en praktiese raamwerk om watersekerheid vir alle landsburgers te bring:
# Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, het bedank as raadsvoorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie. Dit volg te midde van ʼn bestuurskrisis by Suid-Afrika se grootste batebestuurder. Sy bedanking volg na die voorlopige skorsing van die uitvoerende hoof, Patrick Dlamini, en die bedanking van ses nie-uitvoerende direkteure. Masondo sê sy bedanking is in belang van die land en voortgesette bestendigheid by die OBK. Hy sê tydens sy termyn het die raad gesamentlik opgetree, te goeder trou, gebaseer op gesonde regsadvies en in ooreenstemming met die beginsels van goeie bestuur.
# Statistiek Suid-Afrika sê skuldverwante siviele hofsake het in die drie maande tot Mei toegeneem. Die aantal siviele dagvaardings wat vir skuld uitgereik is, het met 1,4-persent gestyg, terwyl die aantal siviele vonnisse in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar met 7,4-persent toegeneem het. Vhonani Kwinda van Statistiek SA sê die totale waarde van siviele vonnisse het ook toegeneem, wat aandui dat groter bedrae skuld deur die howe toegeken word:
# Die Britse regering sê hy is gereed om homself te verdedig teen Iranse missielaanvalle. Dit volg op ‘n dreigement van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps nadat Amerikaanse B-1 bomwerpers vir die eerste keer hierdie week Iranse teikens vanaf RAF Fairford in die suidweste van Engeland aangeval het. Die besluit kom van die nuwe eerste minister Andy Burnham en brei vorige ooreenkomste uit wat Amerikaanse magte toelaat om Britse grondgebied vir verdedigingsoperasies te gebruik. Die Wagkorps het gedreig om RAF Fairford aan te val en sê enige basis wat gebruik word vir aggressie teen Iranse gebied is ‘n wettige teiken.
# Fietsry: Richard Carapaz van Ecuador het die 18de skof van die Tour de France gewen. Dis sy eerste skof-oorwinning vanjaar en sy tweede ooit. Die 33-jarige EF Education-Easypost-fietsryer het 45 sekondes voor die Switser, Mauro Schmid van Jayco-Alula, en die Amerikaner, Matteo Jorgenson van Visma-Lease a Bike klaargemaak. Die verdedigende kampioen van Slowakye, Tadej Pogačar, bly die voorloper. Hy is vier-minute-32-sekondes voor sy naaste teenstander, die Belg Remco Evenepoel van Red Bull-Bora-Hansgrohe, en sy UAE Emirates XRG-spanmaat, Isaac Del Toro van Mexiko. Gister se skof was die eerste van drie agtereenvolgende dae van Alpynse opdraandes.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-83-sent teen die dollar, 19-rand-15-sent teen die euro en 22-rand-40-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-309-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-30-dollar-33-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 94-dollar-22-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….