Nuus 12:00
BULLETIN 21 Julie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Misdaadintelligensiebeampte gee homself oor aan die polisie
# Burgemeester Geordin Hill-Lewis verwelkom die Kaapstadse hawe se versoek vir privaat sektor-vennote
# En sokker: Spanje is weer boaan die wêreldranglys en Noorweë bereik ‘n nuwe hoogtepunt
# ‘n Lid van die polisie se Misdaadintelligensie-eenheid, Ismail Dawood, het homself oorgegee aan die Hillbrow-polisiestasie in Johannesburg. Hy word verdink van afpersing van meer as 350-duisend-rand, aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie. Dawood het gister aanvanklik by die polisiestasie in Sandton aangemeld. Ondersoekers sê ‘n administratiewe fout het die vertraging veroorsaak, en hy is opdrag gegee om vandag terug te keer. Dawood het volgehou die saak is ‘n familietwis. Hy sal na verwagting vandag in die Johannesburgse Landdroshof verskyn.
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, verwelkom Transnet se versoek vir vennote in die privaat sektor om ‘n belangrike veeldoelige terminaal in die Kaapstadse hawe te herontwikkel en bedryf. Privaat vennote word genooi ingevolge ‘n konsessie van 25-jaar. Dit volg op ander onlangse versoeke vir privaat sektorvoorstelle om die beweeglike grootmaat- en koue bergingsterminaal te bedryf. Hill-Lewis sê dis die groot hervorming waarvoor hulle lank reeds vra:
# Die Gautengse Verkeersdepartement vra leerder- en openbare vervoeroperateurs om te verseker hul voertuie is padwaardig nadat skole vandag heropen het vir die derde kwartaal. Woordvoerder Sello Maremane sê handhawingsoperasies sal fokus op die toestand van voertuie, geldige bedryfslisensies, bestuurspermitte, oorvol voertuie, spoed en roekelose bestuur. Hy versoek ouers om slegs geregistreerde leerdervervoerdienste te gebruik en oorvol of onveilige voertuie te vermy:
Nuus uit die buiteland:
# Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê sy regering is gereed om in die komende weke handelsamesprekings met Amerika te verskerp. President Donald Trump het ‘n tarief van 50-persent ingestel op ʼn wye reeks produkte wat van Kanada ingevoer word uit vergelding vir wat hy noem ongelyke behandeling van Amerikaanse voertuig-, suiwel- en alkohol-produkte. Carney sê Kanada glo in die voordele van vrye en regverdige handel. Hy sê hy sal dringend die bestaande probleme met Amerika bespreek tot die gemeenskaplike voordeel van landsburgers.
# Sokker: Spanje is weer boaan die mans-wêreldranglys nadat hy Argentinië verslaan het in die eindstryd van die Wêreldbekertoernooi. Argentinië is tweede en Frankryk derde nadat hy teen Engeland verloor het in die uitspeelstryd om derde plek. Engeland en Brasilië voltooi die top-vyf. Marokko is sesde, die beste in Afrika, terwyl Suid-Afrika ses plekke opgeskuif het tot 54ste. Noorweë het met twaalf posisies verbeter tot 19de nadat hy die eerste keer ooit die kwarteindronde gehaal het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-43-sent teen die dollar, 18-rand-77-sent teen die euro en 22-rand-9-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-246-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-63-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 86-dollar-59-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….