Nuus 11:00
BULLETIN 16 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ATM beskuldig president Cyril Ramaphosa dat hy aanspreeklikheid wil vermy met die Phala Phala-hofinterdik
# Die raad van die Openbare Beleggingskorporasie verwelkom die finansiële ondersoek te midde van ‘n bestuurskrisis
# En sokker: Banyana Banyana se afrigter moet belangrike besluite neem oor die finale WAFCON-groep
# Die African Transformation Movement sê president Cyril Ramaphosa se Hooggeregshof-aansoek om ‘n interdik teen die Artikel 89-ampsklagproses, voldoen nie aan die regsdrempel om onherstelbare skade te bewys nie. Hy wil hê die Parlement moet sy ampsklagprosedure staak tot die hof die verslag oor Phala Phala hersien het. ATM se leier, Vuyolwethu Zungula, sê dis duidelik dat Ramaphosa aanspreeklikheid probeer vermy:
# Die raad van die Openbare Beleggingskorporasie het die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor se ondersoek verwelkom nadat ‘n verklikker beweerde onetiese praktyke uitgelig het. Die owerheid is bekommerd oor die onlangse verwikkelinge in die OBK, veral dié van bestuur en leierskaps-bestendigheid. Dit volg op die voorlopige skorsing van bestuurshoof Patrick Dlamini na bewerings van onbekwaamheid soos vervat is in die verklikker se verslag. Die raad sê hy is verbind tot samewerking met al die rolspelers en sal sorg dat alle bestuursake aandag kry met onafhanklike, betroubare en deursigtige prosesse.
# Die vakverbond SAFTU veroordeel die moord op March and March se Gautengse leier, Andile Somgaxa, en sê geweld en politieke sluipmoorde het geen plek in ʼn grondwetlike demokrasie nie. Somgaxa is dood nadat hy vroeër die maand by sy huis in Greenfield, Johannesburg, geskiet is. Asive Dyani van SAFTU sê mense wat politieke moorde reël of pleeg, moet aanspreeklik gehou word:
# Die onteerde R&B-sanger R Kelly het die Amerikaanse president, Donald Trump, formeel versoek om sy vonnis van 30-jaar tronkstraf te versag. Die 59-jarige, wie se volle naam Robert Sylvester Kelly is, is in 2021 skuldig bevind aan die bedryf van ‘n misdaadonderneming wat vroue en minderjarige meisies vir onwettige seksuele bedrywighede en pornografie gewerf het. Hy is in 2022 skuldig bevind aan kindermishandeling en die uitlokking van kinders. Kelly dien tans sy vonnis in Noord-Carolina uit en kom nie in aanmerking vir vrylating voor Januarie 2046 nie.
# Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, erken dit was moeilik om ‘n finale groep saam te stel vir die Afrikabekertoernooi vir vroue in Marokko. Die groep van 26 word môre aangekondig uit die voorlopige groep van 31 wat tans ʼn oefenkamp bywoon. Suid-Afrika is saam met die Ivoorkus, Burkina Faso en Tanzanië in Groep B. Ellis sê dis belangrik om veelsydige spelers te kies wat verskeie rolle kan vervul:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-31-sent teen die dollar, 18-rand-72-sent teen die euro en 22-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-669-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-28-dollar-96-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 83-dollar-59-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….